Vul gerus die vorm in vir enige navrae.

Naam *

E-pos *

Navrae

Taal/Language

Tag Archives: Pukke

?

AfriForum Jeug tevrede met NWU-raadsbesluit

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 22 September, 2017

Die raad van die Noordwes-Universiteit (NWU) het die besluit geneem om die universiteit se voorgestelde bemarkingsplan te heroorweeg. Dié bemarkingsplan het onder meer voorgestel dat die kenmerkende maroen van die NWU-Pukke na pers verander word, asook dat die woord “Pukke” uit alle bemarkingsmateriaal van die Potchefstroomkampus van die universiteit verwyder moet word.

kovsies

AfriForum Jeug vier nie vanjaar Jeugdag nie

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 01 June, 2017

Die burgerregte-organisasie AfriForum Jeug vier nie vanjaar Jeugdag nie omrede die ANC-regering toenemend sy onbevoegdheid ten toon stel en die omstandighede in Suid-Afrika gevolglik ’n al hoe swakker toekomsverwagting vir die Suid-Afrikaanse en Afrikanerjeug daarstel.

nwu-petiesie-cover

AfriForum Jeug bevraagteken LLB-akkreditasievereistes

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 24 April, 2017

AfriForum Jeug het sy kommer uitgespreek oor die oënskynlik politieke agenda agter die aanpassings wat aan die LLB-graad van die Noordwes-Universiteit (NWU) deur die Hoëronderwys-kwaliteitskomitee (HOKK) vereis word.

boomplant

AfriForum Jeug bedrywig in Potchefstroom

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 28 September, 2016

Die AfriForum Jeug-tak aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus het verlede week drie afsonderlike aksies op dié kampus suksesvol voltooi.

webbladcover

Rugsakreis op die Rebelspoor

deur in veldtogte op 09 September, 2016

webbladcover

Rugsakreis op die Rebelspoor

Dit was die Afrikaner se donkerste uur toe die bittereinders van die Anglo-Boereoorlog mekaar twaalf jaar later die stryd aansê: Aan die een kant die regeringsmagte (Kakies) van premier Louis Botha en sy minister van verdediging, Jan Smuts – aan die ander kant die rebelliekommando’s (Boere) van generaal Koos de la Rey, kommandant-generaals Christiaan de Wet en Christiaan Beyers. Na ’n paar maande was alles verby. Die einde was bitterder as in 1902.

  • Koos de la Rey
  • Christiaan de Wet
  • Jan Kemp
  • Jopie Fourie
  • Manie Maritz

Hoe gebeur so ’n tragedie?
Wie was die rolspelers?
Hoe kyk ’n mens ’n honderd jaar later daarna?

Bring jou rugsak en kom toer deur die Kalahari op die spore van genl. Kemp en genl. Maritz saam met AfriForum Jeug

Datum: 1 – 9 Oktober 2016
Koste: Gratis
RSVP:Stuur jou naam, van, selfoonnommer en kampusnaam voor of op 15 September na: marike@afriforum.co.za

Grafika:

  • 2500 km
  • 6 Bestemmings
  • 9 Dae vol pret en opwinding
  • Leer meer oor jou kultuur
  • Leer meer oor jou geskiedenis
  • Leer meer oor jou erfenis
  • Leer meer oor jouself
Puk-student wen studiebeurs

Puk-wenner van AfriForum Jeug-studiebeurs aangekondig

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 01 August, 2016

AfriForum Jeug het gister op die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus aangekondig dat Alexa Kellner dié universiteit se wenner van die jeugorganisasie se R20 000-studiebeurs is. Die sanggroep Saarkie het by dié geleentheid opgetree en vir hope vermaak gesorg.

Afrikaans-sal-bly_e-kaart_1_2

AfriForum Jeug stig beurs- en studiefonds vir Afrikaanse studente

deur in Mediaverklarings Witwarm op 27 June, 2016

AfriForum Jeug het ʼn beurs- en studiefonds gestig ten bate van Afrikaans en studente wat in dié taal wil studeer. Donateurs en alumni wat ʼn bydrae tot die fonds wil lewer, sal nie net ʼn verskil in Afrikaanssprekende studente se lewens maak nie, maar ook ʼn verskil in die bevordering en ontwikkeling van Afrikaans teweegbring.

UV

Monumentbou-aksie

deur in Stories Witwarm op 17 June, 2016

UV

AfriForum Jeug het op 9 Mei as deel van sy #AfrikaansSalBly-veldtog en om Afrikaans se 91ste bestaansjaar te vier tydelike taalmonumente uit Jenga-blokke gebou waarop daar Afrikaanse woorde gedruk is.

13124701_295922500738733_714428461456957608_n

AfriForum Jeug bou voort aan Afrikaans ongeag teenstand

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 09 May, 2016

AfriForum Jeug het vandag as deel van sy #AfrikaansSalBly-veldtog en om Afrikaans se 91ste bestaansjaar te vier tydelike taalmonumente uit Jenga-blokke gebou waarop daar Afrikaanse woorde gedruk is. As deel van dié vieringe is daar ook 91 ballonne losgelaat. Dié simboliese aksie is op die hoofkampusse van die Universiteit van Pretoria (UP), Universiteit Stellenbosch (US), die Universiteit van die Vrystaat (UV) en die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus (NWU) gehou, maar is egter verskillend op die onderskeie kampusse ontvang.

Afrikaans-sal-bly_e-kaart_1_2

AfriForum Jeug loods beurskompetisie vir studente

deur in Mediaverklarings Witwarm op 26 April, 2016

As deel van AfriForum Jeug se nasionale veldtog om Afrikaans as onderrigtaal aan universiteite te behou, het dié jeugorganisasie ’n kompetisie geloods waar vier studente elk ’n studiebeurs ter waarde van R20 000 kan wen. Dié beurse sal onderskeidelik aan Afrikaanse studente van die Universiteit van Pretoria, Noordwes-Universiteit in Potchefstroom, die Universiteit van die Vrystaat en die Universiteit van Stellenbosch toegeken word.

Kallie

AfriForum ondersteun AfriForum Jeug se reg om hulself op kampusse te beskerm

deur in Mediaverklarings Witwarm op 19 February, 2016

AfriForum ondersteun die reg van AfriForum Jeug-lede en ondersteuners om hulself binne die raamwerk van die wet teen die EFF en ander radikale groepe se aggressiewe dade by die Universiteit van Pretoria (UP) en ander kampusse te beskerm. Om dié rede het AfriForum sy regspan opdrag gegee om die feit dat AfriForum en AfriForum Jeug ook by die interdik ingesluit is wat die UP-bestuur teen die EFF bekom het, in die hof teen te staan.

Linda “Benz” Mabengwane

SR-verteenwoordiger se kommentaar stook rassespanning

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 28 January, 2016

AfriForum Jeug se Pukke-tak het opgemerk dat mnr. Linda “Benz” Mabengwane, ’n prominente lid van die EFF en tans die SR-voorsitter van die NWU se Mafikeng-kampus, tydens ’n SAUK-uitsending sekere opmerkings gemaak het wat haat teenoor wit mense aanhits.

logo

NWU-raad misken stem van Afrikaanse studente

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 09 November, 2015

Die Raad van die Noordwes-Universiteit (NWU) het die Reform Puk-groep uitgenooi om hul volgende raadsvergadering toe te spreek. Dít, nadat AfriForum Jeug Pukke die visekanselier, prof. Dan Kgwadi, ingelig het dat Reform Puk geen wettigheid het nie. 

1897737_780144402049460_4167376130263122634_n

#ReformPuk se leier wys sy rassisme op Facebook

deur in Mediaverklarings Witwarm op 04 November, 2015

Die #ReformPuk-leierskap se rassisme is duidelik as mens deur plasings op leier Tsholofelo Motlogeloa se Facebook-blad blaai.  In een van die plasings skryf hy: “I hate white people with [a] passion [and] they must fucken [sic] go [back] to Europe… [I’m] sorry God”. En in ’n ander: “I hate a white man, [I’m] sorry guys they [are] bad people”. 

20151030_140053

AfriForum Jeug veg vir Afrikaans by die Puk

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 02 November, 2015

AfriForum Jeug het ʼn memorandum aan prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die Noordwes-Universiteit, oorhandig vir die behoud van Afrikaans aan die Puk.

logo

Prof. Kgwadi ontvang memorandum oor Afrikaans

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 30 October, 2015

Prof. Dan Kgwadi het vandag gehoor dat Afrikaans as onderrigtaal op die NWU se Potchefstroom-kampus ononderhandelbaar is.

logo

Memorandum: Afrikaanse onderrig is ononderhandelbaar

deur in Dokumente Hou ons hier dop op 30 October, 2015

Beste prof. Dan Kgwadi

AfriForum Jeug is ’n organisasie wat daarop fokus om die regte en belange van die Afrikaner-jeug te beskerm en bevorder. AfriForum Jeug is ’n geregistreerde vereniging op die NWU se Potchefstroom-kampus (NWU PUK), waar duisende jong Afrikaanssprekendes studeer.

logo

AfriForum Jeug rig waarskuwing aan prof. Kgwadi

deur in Mediaverklarings Witwarm op 22 October, 2015

Prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die Noordwes-Universiteit, is deur AfriForum Jeug gewaarsku dat indien hy nie alles in sy vermoë doen om studente se veiligheid te verseker nie, die burgerregte-organisasie die hof sal nader om hom te dwing om op te tree.

5451407168480b43bcb864e1-995x1024

AfriForum Jeug lê klag teen NWU-visekanselier

deur in Mediaverklarings Witwarm op 15 October, 2015

AfriForum Jeug het gister ʼn formele klag gelê teen prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die Noordwes-Universiteit, vir die aanhitsing van openbare geweld. Dit volg nadat Kgwadi Dinsdag by ’n openbare vergadering van #ReformPIK honderde studente aangemoedig het om te baklei.

Pukke

Kgwadi moedig radikales aan om te veg

deur in Mediaverklarings Witwarm op 14 October, 2015

AfriForum Jeug neem met skok kennis van die uitlatings wat gemaak is deur prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU), tydens ʼn studentevergadering van die groep #ReformPIK. Kgwadi het studente van die groep toegespreek en gesê: “I’m encouraging you to fight.”

5451407168480b43bcb864e1-995x1024

Dan Kgwadi verantwoordelik vir chaos op Puk

deur in Mediaverklarings Witwarm op 27 August, 2015

AfriForum Jeug het met skok kennis geneem van ʼn gewelddadige protesoptog vanmiddag op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit.

nwu-logo

Versoek inligting rakende ontgroeningsgebeure by nwu-vaaldriehoek-kampus

deur in Dokumente Hou ons hier dop op 03 June, 2015

AfriForum Jeug, ’n geregistreerde aktiewe jeug organisasie by die Noord-Wes Universiteit se Potchefstroom-kampus, het met groot skok en teleurstelling die volgende verneem.

foto2

Studente pleit vir behoud van Puk-kampus

deur in Hou ons hier dop op 18 March, 2015

’n Geveg is die afgelope paar weke aan die opbou oor die pad vorentoe vir die Puk-kampus van die Noordwes-universiteit.
Aan die een kant is prof. Dan Kgwadi, rektor van die NWU, en sy ondersteuners wat alles in hul vermoë wil doen om ’n unitêre universiteitsmodel af te dwing wat die toekoms van Afrikaans as onderrigtaal en gehalte-onderrig op die spel kan plaas.
Aan die ander kant is ’n groeiende getal studente, alumni, ouers, akademici en onderwyskenners wat hulle vir die behoud van Afrikaans, die bestaande onderrigmodel op die Puk-kampus en die unieke studentelewe beywer.

nwu-logo

AfriForum Jeug eis stappe teen arrogante ISR-lede

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 12 March, 2015

AfriForum Jeug het die raad van die Noordwes-Universiteit én prof. Dan Kgwadi, visekanselier, versoek om teen lede van die Institusionele Studenteraad (ISR) op te tree.

minica-van-schalkwyk

NWU-bestuur ʼn hou toegedien

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 06 March, 2015

AfriForum Jeug verwelkom die herinstelling van Monica van Schalkwyk, studenteraadvoorsitter van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit, tot die Institusionele Studenteraad.

Pukke

AfriForum Jeug eis antwoorde na onregmatige skorsing van studenteraadsvoorsitter

deur in Mediaverklarings Witwarm op 28 February, 2015

AfriForum Jeug eis antwoorde vanaf prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom (NWU-Puk), nadat dit bekend geword het dat Monica van Schalkwyk, studenteraadsvoorsitter van die NWU-Puk onregmatig van die Institusionele Studenteraad (ISR) af geskors is .

Pukke

NWU-besering ’n geïsoleerde geval

deur in Mediaverklarings Witwarm op 23 January, 2015

AfriForum Jeug neem kennis van ’n voorval waartydens ʼn senior beampte van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus glo beseer is in ’n onderonsie met ’n groep eerstejaars. AfriForum Jeug voel baie sterk daaroor dat dié as ʼn geïsoleerde geval beskou moet word en dat die voorval nie uit verband geruk moet word nie.

BuMdv3iCEAAgLKN-e1408969224318

“Kill the Boer, Kill the Racist, Kill Afrikaans!”, lui ʼn pamflet op die Puk

deur in Mediaverklarings Witwarm op 04 August, 2014

AfriForum Jeug veroordeel die rassehaat-pamflet wat in badkamers by die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) versprei is, ten sterkste. Die pamflet, wat ’n Afrika-bevrydingsembleem soortgelyk aan dié van Sasco bevat, lui: “Kill the Boer, Kill the Racist, Kill Afrikaans.”

Pukke

Wessels-verslag is ’n mensregteskending

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 01 July, 2014

AfriForum Jeug het vandag sy kommer uitgespreek oor die growwe diskriminerende uitlatings wat in die Wessels-verslag van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit, wat uitgelek het, vervat is.

blog-new

’n Stem uit die binnekamers

deur in Blog op 01 July, 2014

In die afgelope vyf maande het ’n mediastorm rondom die NWU-Potchefstroomkampus los gebars wat glo deur ’n magdom verskuilde agendas aangevuur word.

Pukke

AfriForum Jeug versoek inligting

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 26 June, 2014

AfriForum Jeug het sy regspan opdrag gegee om ’n regsbrief aan die Raad van die NWU-Puk te rig waarin hul versoek dat die Raad se verslag wat aan die minister oorhandig is, aan hul bekend gemaak moet word. Indien die Raad sou versuim om aan die versoek te voldoen, sal AfriForum Jeug sy regspan opdrag gee om die inligting kragtens die Wet op Toegang tot Inligting te bekom. 

Potch-320x227

AfriForum Jeug eis dat Wessels-verslag verwerp word

deur in Mediaverklarings Witwarm op 19 June, 2014

AfriForum Jeug het vandag `n prokureursbrief aan die Raad van die Noordwes-Universiteit gestuur waarin die Raad versoek word om nie die Wessels-verslag in sy huidige vorm te aanvaar of na die minister van hoër onderwys te verwys nie. AfriForum Jeug het die stap gedoen nadat dit duidelik geword het die verslag nie aan die bepalings van die Wet op Gelykheid voldoen nie en tot onbillike diskriminerende en stereotiperende gevolgtrekkings kom.

Potch-320x227

Voorstelle van Internasionale Ondersoekspan by NWU belemmer multi-kulturele inslag

deur in Mediaverklarings Witwarm op 17 April, 2014

Volgens AfriForum Jeug is die bevindings en voorstelle in die evaluasieverslag wat die Internasionale Ondersoekspan insake die Noordwes-Universiteit gemaak het, kortsigtig en stel dit ’n tree agteruit voor vir dié Universiteit se toekoms en transformasieproses. Dié jeugorganisasie is ook van mening dat die buitelandse lede van die ondersoekspan nie ervare genoeg in Suid-Afrika se unieke situasie is nie, en dat hulle nie-lewensvatbare voorstelle maak, wat onstabiliteit juis sal verhoog op die NWU se drie kampusse. 

Karlien dameskoshuis

AfriForum Jeug ondersteun geskorste PUK-Huiskomitee

deur in Mediaverklarings Witwarm op 03 March, 2014

AfriForum Jeug ondersteun lede van die Karlien Dameskoshuis van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit. Dít, nadat die huiskomitee tydelik geskors is, nadat daar klagtes – wat nie aan hulle bekend gemaak is nie – teen hulle gelê is. Die jeugorganisasie is van mening dat die Universiteit onbillik teen die studente optree. 

Pukke

Beplande ingryping by Puk ‘n aanslag op Afrikaans, Beeld-redakteur aandadig – AfriForum Jeug

deur in Mediaverklarings Witwarm op 25 February, 2014

AfriForum Jeug beskou die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande se reaksie op die sogenaamde Puk-insident as bewys dat die minister ʼn vooropgestelde politieke agenda het. 

“Tomstraat” in Potchefstroom word heringestel as amptelike straatnaam, na onlangse verandering na Steve Biko

deur in Mediaverklarings op 24 September, 2008

AfriForum Jeug het die bekende “Tomstraat” (ook bekend as Steve Bikostraat) in Potchefstroom vandag opnuut ingehuldig as die amptelike en korrekte naam van die betrokke straat.  By die geleentheid, waar AfriForum Jeug se tak in Potchefstroom amptelik gestig is, is nuwe straatborde met die woorde “Tomstraat”, sowel as ʼn groot bord met die woorde, “Welkom in Tomstraat”, onthul en bekendgestel.  ʼn Verskerping van AfriForum Jeug se veldtog teen Potchefstroom se naamsveranderings is ook aangekondig.

Kommerwekkende uitslag van Potchefstroom naamsveranderingsreferendum – AfriForum Jeug loods veldtog teen stadsraad

deur in Mediaverklarings op 08 August, 2008

ʼn Totaal van 97,4% van die Potchefstroom-inwoners wat deelgeneem het aan AfriForum Jeug se referendum oor die naamsverandering van Tomstraat na Steve Bikostraat het aangedui dat hulle nie ten gunste van die naamsverandering is nie.  In die lig hiervan het AfriForum se jeugkomitee aangekondig dat hy ʼn veldtog teen die Potchefstroomse stadsraad van stapel sal stuur en ʼn tak in dié dorp sal stig.  Die referendum is op Vrydag, 25 Julie 2008, in die betrokke straat in Potchefstroom gehou.