Vul gerus die vorm in vir enige navrae.

Naam *

E-pos *

Navrae

Taal/Language

Tag Archives: Pretoria

Ou_Lettere_f_Tuks-731x477

AfriForum Jeug eis uitstel van VSR-verkiesing by Tukkies ná aanranding

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 22 August, 2017

’n Verteenwoordiger van AfriForum Jeug is vandag by die Universiteit van Pretoria deur ’n lid van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) se UP-studente-afdeling tydens die 2017 verkiesing  van die universiteit se verteenwoordigende studenteraad (VSR) aangerand.

serrie-2015.zp85801

UP gooi baba saam met badwater uit

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 18 May, 2017

Die Universiteit van Pretoria (UP) het op 17 Mei besluit om nóg ’n studentetradisie op dié kampus te skrap. Serrie – ’n jare-oue studentetradisie – is gestaak omdat dit klaarblyklik ’n verkragtingskultuur by die universiteit skep. Dít volg nadat studente oor onvanpaste plakkate gekla het wat tydens die damesoptredes deur mans in die gehoor omhooggehou is.

up

Universiteit van Pretoria betaal AfriForum Jeug se regskostes

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 07 April, 2017

Die Universiteit van Pretoria (UP) moes ’n kostebevel van R139 000 betaal nadat hulle verlede jaar ’n hofsaak in die Noord-Gautengse hoë hof teen AfriForum Jeug verloor het. Dié hofsaak het gehandel oor die onregmatige verwydering van toerusting uit AfriForum Jeug se kampuskantoor weens politieke druk.

Lede van AfriForum Jeug by die hof vandag

Verlof tot appèl gereserveer in saak van AfriForum en Solidariteit oor Afrikaans by Tukkies

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 10 March, 2017

Verlof tot appèl in die saak van AfriForum en Solidariteit teen die nuut aanvaarde taalbeleid van die Universiteit van Pretoria (UP) is vandag in die Noord-Gautengse hoë hof gereserveer totdat die hoogste hof van appèl uitspraak lewer in die saak van AfriForum en Solidariteit teen die bestuur van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se nuut aanvaarde taalbeleid. 

haatspraak-duidelik-sigbaar-op-student-se-koshuiskamerdeur

Rassisme aan die orde van die dag by Tuks-koshuise

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 22 November, 2016

AfriForum het op Maandag, 21 November 2016, verneem van rassistiese en uitlokkende opmerkings teenoor wit mense wat deur ’n student van die Taaibos-koshuis van die Universiteit van Pretoria (UP) aan die buitekant van sy koshuiskamerdeur aangebring is.

img-20160926-wa0016

AfriForum Jeug dien klagte in teen Tuks-betoger ná aanranding

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 28 September, 2016

AfriForum Jeug Tuks het ʼn klagte van aanranding by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ingedien nadat ’n lid van dié jeugorganisasie tydens die verkiesing van die verteenwoordigende studenteraad (VSR) by die Universiteit van Pretoria (UP) aangerand is.

tuks-betoging-4

Maak universiteite oop, vat moeilikheidmakers vas

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 22 September, 2016

AfriForum Jeug het vandag ’n petisie – Universiteitsbesture, laat ons studente in vrede studeer! – van stapel gestuur nadat talle universiteite hul kampusse weens gewelddadige betogings oor studiefooie gesluit het.

Jpeg

UP verbreek onderneming om kampus oop te hou

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 21 September, 2016

AfriForum Jeug is van mening dat die Universiteit van Pretoria (UP) se besluit om dié universiteit te sluit weens betogings oor studiefooie, ’n verbreking van ’n onderneming deur prof. Cheryl de la Rey, UP se rektor, is.

Susan Strijdom-ouetehuisprojek 1 (2)

Ouetehuis ʼn groentetuin ryker danksy AfriForum Jeug

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 22 August, 2016

Die AfriForum Jeug-tak van die Universiteit van Pretoria (UP) het die afgelope naweek in samewerking met die Psyche-vereniging op die hoofkampus van die universiteit ’n volhoubare groentetuin by die SAVF Susan Strijdom-tehuis vir verswakte bejaardes in Colbyn begin.

20160110_213053

AfriForum Jeug-lede onregmatig gearresteer vir Kerkstraat se naamherlewing

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 11 January, 2016

Vyf AfriForum Jeug-lede is Sondagaand onregmatig deur lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens gearresteer. Dít volg nadat die studente saam met ’n groep van sowat 40 ander studente WF Nkomo-, Stanza Bopape- en Helen Josephstraat met die korrekte Kerkstraat-naamborde laat herleef het. Daar is sowat 49 bordjies in Kerkstraat opgesit.