Vul gerus die vorm in vir enige navrae.

Naam *

E-pos *

Navrae

Taal/Language

Tag Archives: Erfenis

webanner-steyn

Nou wie op aarde was President MT Steyn?

deur in Blog op 09 April, 2018

             ‘n  Beknopte biografie vir die Millenniale Suid-Afrikaner

Daar is tans spanning oor die Anton van Wouw beeld van President Marthinus Theunis (MT) Steyn op die Universiteit van die Vrystaat se Bloemfontein Kampus. Ten spyte van die feit dat die standbeeld ʼn monitêre waarde as ʼn kunsstuk het en daarmee ʼn bate is vir die vermelde universiteit, het dit ook ʼn waarde as ʼn opvoedkundige en kulturele bate vir die millenniale generasie. Die woord opvoedkundig sal dalk die wenkbroue lig.

Die protesmonument

AfriForum teen Zuma-monument: Protesmonument in Groot Marico opgerig

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 11 July, 2017

AfriForum en AfriForum Jeug het vandag ’n simboliese monument met 783 moere vir elke korrupsieklag teen pres. Jacob Zuma by Groot Marico in Noordwes opgerig.

haatspraak-duidelik-sigbaar-op-student-se-koshuiskamerdeur

Rassisme aan die orde van die dag by Tuks-koshuise

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 22 November, 2016

AfriForum het op Maandag, 21 November 2016, verneem van rassistiese en uitlokkende opmerkings teenoor wit mense wat deur ’n student van die Taaibos-koshuis van die Universiteit van Pretoria (UP) aan die buitekant van sy koshuiskamerdeur aangebring is.

cheryldelareyxxx

UP laat studente finaal in die steek, sê AfriForum Jeug

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 07 October, 2016

AfriForum Jeug eis die onmiddellike bedanking van prof. Cheryl de la Rey, rektor van die Universiteit van Pretoria.

webbladcover

Rugsakreis op die Rebelspoor

deur in veldtogte op 09 September, 2016

webbladcover

Rugsakreis op die Rebelspoor

Dit was die Afrikaner se donkerste uur toe die bittereinders van die Anglo-Boereoorlog mekaar twaalf jaar later die stryd aansê: Aan die een kant die regeringsmagte (Kakies) van premier Louis Botha en sy minister van verdediging, Jan Smuts – aan die ander kant die rebelliekommando’s (Boere) van generaal Koos de la Rey, kommandant-generaals Christiaan de Wet en Christiaan Beyers. Na ’n paar maande was alles verby. Die einde was bitterder as in 1902.

  • Koos de la Rey
  • Christiaan de Wet
  • Jan Kemp
  • Jopie Fourie
  • Manie Maritz

Hoe gebeur so ’n tragedie?
Wie was die rolspelers?
Hoe kyk ’n mens ’n honderd jaar later daarna?

Bring jou rugsak en kom toer deur die Kalahari op die spore van genl. Kemp en genl. Maritz saam met AfriForum Jeug

Datum: 1 – 9 Oktober 2016
Koste: Gratis
RSVP:Stuur jou naam, van, selfoonnommer en kampusnaam voor of op 15 September na: marike@afriforum.co.za

Grafika:

  • 2500 km
  • 6 Bestemmings
  • 9 Dae vol pret en opwinding
  • Leer meer oor jou kultuur
  • Leer meer oor jou geskiedenis
  • Leer meer oor jou erfenis
  • Leer meer oor jouself
henrico

VSR-kandidaat van Tuks verteenwoordig jeug by VN

deur in Blog Witwarm op 26 July, 2016

AfriForum Jeug gaan die kwessie oor die kwotastelsel internasionaliseer wanneer Henrico Barnard, AfriForum Jeug Tuks se VSR-presidentskandidaat, in Augustus na die Verenigde Nasies gaan om die jeug dáár te verteenwoordig.

up

AfriForum Jeug kry hofbevel teen UP, UP-direkteur en EFF

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 02 July, 2016

AfriForum Jeug het vandag ʼn hofbevel in die Hooggeregshof teen die Universiteit van Pretoria (UP), dr. Methete Madiba (direkteur van studentesake aan die UP) en die EFF-studenteorganisasie  met koste gewen. Dit volg nadat Madiba op 20 Junie 2016 die kantoor van AfriForum Jeug se tak op die UP onregmatig betree het en ʼn plakkaat uit die kantoor verwyder het.

stage1

Kleinsêr-meningspeiling: Kovsie-studente stem ja

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 12 May, 2016

AfriForum Jeug Kovsies het ʼn meningspeiling gedoen waarin bevind is dat 99% van studente wat aan dié peiling deelgeneem het, ten gunste daarvan gestem het dat die Universiteit van die Vrystaat (UV) se deelname aan die jaarlikse nasionale ATKV-sêrkompetisie moet voortgaan.

AfriForum Tuks muurverf aksie

EFF ontwrig AfriForum Jeug-aksie by Tuks

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 04 May, 2016

EFF-studenteleiers het gisteraand ʼn AfriForum Jeug-verfaksie by die Universiteit van Pretoria (UP) ontwrig, waarna kampussekuriteit moes ingryp. Hierdie aksie is gereël om studente bewus te maak van die AfriForum-beurskompetisie wat verlede week geloods is. Die kompetisie behels in kort dat vier studente wat in Afrikaans studeer, die kans staan om elk ʼn beurs van R20 000 te wen.

US korporatiewe logo_CMYK

AfriForum Jeug pak US in Kaapse hooggeregshof

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 14 April, 2016

AfriForum Jeug en die Universiteit van Stellenbosch (US) sal môre vir ʼn derde keer in die Kaapse hooggeregshof verskyn, waar dié jeugorganisasie die hersieningsproses van die universiteit se taalbeleid sal teenstaan.

blog

Manifes van die Afrikanerstudent

deur in Blog Witwarm op 14 April, 2016

Ek is…

Ek is ’n Afrikaner. Dit is niks om oor skaam te wees nie. Om die waarheid te sê, ek is trots daarop.

#RhodesMustFall

AfriForum Jeug sal sélf strafregtelike klag teen #RhodesMustFall-vandale lê

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 17 February, 2016

AfriForum Jeug sal sélf ’n strafregtelike klag teen die #RhodesMustFall-vandale lê indien dr. Max Price, visekanselier van die Universiteit van Kaapstad, dit nie doen nie.

Die_skip_University_of_pretoria (1)

Afrikaans by UP wéér in spervuur; studente het die reg om hulself te verdedig – AfriForum Jeug

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 16 February, 2016

AfriForum Tuks sal alles in hulle vermoë doen om Afrikaanse studente en hul regte te beskerm en het reeds veiligheidstrukture in plek wat ontplooi kan word indien studente in gevaar gestel word. Die organisasie kyk ook na optrede oor hoe studente se reg op toegang tot onderrig, ook in Afrikaans, verseker kan word. 

F___ White People-boodskappe (2)

Wit vat vlam, maar pers word verban

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 08 February, 2016

Universiteitsbesture het geen benul wat konsekwentheid beteken nie. Dit is die gevolgtrekking waartoe AfriForum Jeug kom nadat hulle verneem het dat studente by die Universiteit van die Witwatersrand (WITS) hemde gedra het met boodskappe soos “F*** white people” daarop.

#RedAfrikaans

AfriForum Jeug kondig #RedAfrikaans-vyfpuntplan vir universiteite aan

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 04 February, 2016

“AfriForum Jeug sal nie toelaat dat Afrikaanse studente verneder word nie!”

Die EFF het die naamborde wat AfriForum Jeug opgerig het met sproeiverf gevandaliseer.

Geen plek vir Afrikaner-erfenis in sodanige demokrasie

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 14 January, 2016

Die EFF het die naamborde wat AfriForum Jeug opgerig het met sproeiverf gevandaliseer.

“Dit is duidelik dat die EFF ʼn radikale ‘slegs-swart’- politieke party is. Hul optrede wys aan landsburgers dat daar nie plek vir Afrikaner-erfenis in dié land is nie,” het Ian Cameron AfriForum Jeug se woordvoerder gesê, dit nadat die EFF gisteraand verskeie Kerkstraat-naamborde met rooi verf bygekom het.

20160110_213053

AfriForum Jeug-lede onregmatig gearresteer vir Kerkstraat se naamherlewing

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 11 January, 2016

Vyf AfriForum Jeug-lede is Sondagaand onregmatig deur lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens gearresteer. Dít volg nadat die studente saam met ’n groep van sowat 40 ander studente WF Nkomo-, Stanza Bopape- en Helen Josephstraat met die korrekte Kerkstraat-naamborde laat herleef het. Daar is sowat 49 bordjies in Kerkstraat opgesit.

Oudpresident MT Steyn se standbeeld voor die hoofgebou op die Kovsie-kampus (1)

Kovsie-studente neem standpunt in teen verwydering van standbeelde

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 03 November, 2015

AfriForum Jeug is verheug oor studente aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) se inisiatief om die standbeelde van oudpresidente CR Swart en MT Steyn op dié kampus te behou. Studente het gister plakkate om die standbeeld van oudpresident MT Steyn gehang wat soos volg lees: “Ek het geveg teen kolonialisme, hoekom wil jy my verwyder?” Die teks wat op die plakkate verskyn, is ook na Engels vertaal.   

IMG-20151009-WA0017

Die jeug is reg vir die volgende goue era

deur in Blog Hou ons hier dop op 15 October, 2015

Sowat twintig studente van Maties, Tuks, Kovsies en die Puk het van regoor die land saamgekom om aan die AfriForum Jeug-toer deel te neem.

Die toer, wat sowel ʼn nasionale leierskapsontwikkelings- as ʼn geskiedkundige toer was, het oor tien dae en vyf provinsies gestrek.

AfriForum Jeug verf die heining by Bloedrivier (2)

AfriForum #selfdoenprojek170: Jeug verf heining by Bloedrivier-erfenisgebied

deur in Mediaverklarings Witwarm op 05 October, 2015

Studente van universiteite regoor Suid-Afrika het vandag die heining van die Bloedrivier-erfenisgebied in KwaZulu-Natal oorgeverf. Dié heining is ʼn uitbeelding van die Ossewa-laer wat sowat 470 Voortrekkers, onder leiding van Andries Pretorius, getrek het om hulle teen die Zoeloe-impies te beskerm.

IMG_1297

AfriForum Jeug toer om erfenis te ontdek en leierskap te ontgin

deur in Hou ons hier dop op 02 October, 2015

Deur Jhua-Nine Wyrley-Birch

Lede van AfriForum Jeug het sy jaarlikse nasionale leierskapontwikkelingstoer vandag in Pretoria afgeskop.

Sowat twintig studente van verskeie AfriForum Jeug-universiteitstakke, wat NWU-Pukke, Tukkies, Kovsies asook Maties insluit, het bymekaar gekom en gaan vanjaar saam toer.

AfriForum Jeugtoer 2014

AfriForum Jeugtoer 2014: Die pad na ons harte

deur in Blog Hou ons hier dop op 06 January, 2015

Ek het die voorreg gehad om vir ‘n tweede keer op die AfriForum Jeugtoer te gaan en as iemand my 2013-weergawe moet vergelyk met my 2014-weergawe sal hulle oë rek. Van onseker en skaam tot selfversekerd en (somtyds baie) praterig, die AfriForum Jeugtoer is ‘n unieke ervaring wat elkeen help groei en ontwikkel. Hierdie jaar was die toer net so ervaring met ‘n padreis vanaf Pretoria tot Orania, met Hartebeespoort, Rustenburg en Lichtenburg as ons besoekpunte. Elf mense…drie Avanzas…een lang pad.