Vul gerus die vorm in vir enige navrae.

Naam *

E-pos *

Navrae

Taal/Language

Tag Archives: ANC

Kallie

AfriForum ondersteun AfriForum Jeug se reg om hulself op kampusse te beskerm

deur in Mediaverklarings Witwarm op 19 February, 2016

AfriForum ondersteun die reg van AfriForum Jeug-lede en ondersteuners om hulself binne die raamwerk van die wet teen die EFF en ander radikale groepe se aggressiewe dade by die Universiteit van Pretoria (UP) en ander kampusse te beskerm. Om dié rede het AfriForum sy regspan opdrag gegee om die feit dat AfriForum en AfriForum Jeug ook by die interdik ingesluit is wat die UP-bestuur teen die EFF bekom het, in die hof teen te staan.

up

AfriForum Jeug uit UP-terugvoervergadering verwyder

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 29 January, 2016

AfriForum Tuks is uit ʼn terugvoeringvergadering van die Universiteit van Pretoria (UP) verwyder. Dié vergadering het ten doel gehad om studente in te lig oor die besluite oor en vordering met die #Feesmustfall-memorandum wat verlede jaar ingedien is en wat ook punte rakende die taalbeleid bevat het.

ANC

ANC weerhou universiteitstoelating van 2,8 miljoen skoliere – AfriForum Jeug

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 06 January, 2016

In die afgelope vyf jaar het die ANC-regering meer as 2, 8 miljoen skoliere weerhou van universiteitsonderrig. Dié getal dui op die hoeveelheid leerlinge wat nie universiteitstoelating ontvang het nie.

Screenshot 2015-06-11 14.49.10

ANC-regering nie ernstig oor SA jeug

deur in Hou ons hier dop op 15 June, 2015

Op die vooraand van nasionale Jeugdag is dit duidelik dat die ANC-regering met niks anders as lippediens besig is as hy oor die toekoms van die land se jeug praat nie. Net sowat 30% van parlementslede het Vrydag die gesamentlike sitting van die Nasionale Vergadering en Nasionale Raad van Provinsies in Kaapstad tydens die debat oor Jeugdag bygewoon. 

ANC-jeugliga

ANC Jeugliga aan flarde

deur in Mediaverklarings Witwarm op 25 November, 2014

AfriForum Jeug verwelkom die aankondiging dat die ANC Jeugliga se nasionale taakspan ontbind is deur die ANC se topbestuur. AfriForum Jeug meen egter dat dit nie ʼn skokbesluit is nie, aangesien die Jeugliga reeds vir jare nie meer ’n rolspeler is onder die jeug in Suid-Afrika nie.

Henk Maree

Veronderstel

deur in Blog op 04 June, 2014

Ná die herdenking van die Kerkstraatbom besef ek hoe min van vandag se jeug werklik ‘n konsep het van hul eie land se geskiedenis. Dit is ‘n skokkende ontnugtering en ek besef meteens die die rede hiervoor: die ANC het met sy eensydige oorvertelling van die geskiedenis veroorsaak dat jongmense net een kant van die land se geskiedenis ken en verstaan.

20Mei2-e1415087583261

AfriForum Jeug gedenk slagoffers van Kerkstraat-bomaanval

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 20 May, 2014

AfriForum Jeug het vandag ‘n kranslegging en minuut stilte gehou by Vryheidspark in Pretoria om die 19 oorledenes en meer as 200 beseerdes, wat in die 1983-ANC-terreuraanval in die middestad van Pretoria gedood en beseer is, te gedenk.

emigration-1

ANC plan vir graduandi vuur emigrasie aan – AfriForum Jeug

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 18 March, 2014

Die ANC se plan dat alle afgestudeerdes ‘n diensjaar moet verrig ná hulle hulle studies voltooi het, gaan jong professionele mense net aanspoor om die land te verlaat, het AfriForum Jeug vandag gesê.