Vul gerus die vorm in vir enige navrae.

Naam *

E-pos *

Navrae

Taal/Language

Stellenbosch-taalbeleid

deur in Stories Witwarm op 17 June, 2016

Die hof het AfriForum Maties weer eens gelyk gegee deur ’n tussentydse interdik wat AfriForum Jeug op 11 Maart 2016 teen die Universiteit van Stellenbosch (US) verkry het, te bekragtig.

Dié uitspraak verplig die US nou om sy bestaande taalbeleid en -plan te implementeer, sowel as die taalspesifikasies wat in die 2016-jaarboek gepubliseer is. AfriForum Jeug se Maties-tak is steeds besig om studente op grondvlak in te lig oor die belang van moedertaalonderrig en waarom ’n taal nie uit tersiêre instellings verwyder moet word nie.

Die Grondwet gun elke persoon die reg om in sy/haar moedertaal te studeer. AfriForum Jeug eis hierdie regte op!