Stel ons vry!

Stel ons vry!:

AfriForum Jeug dryf ‘n veldtog teen onbillike regstellende aksie (affirmative action). Regstellende aksie in Suid-Afrika het misluk omdat dit die minderheid vervreem en nie aan die verwagtinge van die meerderheid voldoen nie. AfriForum Jeug eis dat jongmense van regstellende aksie vrygestel moet word.

Aksies wat al gedryf is:

  • Petisie teen rasseklassefikasie ingehandig by parlement.
  • Dryf veldtog teen rasseklassefikasie.
  • Nasionale protesaksie op vier universiteitskampusse (UP, US, NWU, UV);
  • Gesprek met die internasionale liggaam, UNESCO, oor onbillike praktyke aangaande regstellende aksie;
  • Bystand aan studente wat aan rasgebaseerde toelatingsvereistes aan universiteite onderworpe is en daaronder ly;
  • Samel meer as 10 000 petisies in teen regstellende aksie;
  • Mobiliseer jongmense teen dié beleid en beïnvloed privaat sektor om standpunt in te neem;
  • Hou dieretuinprotes oor regstellende aksie;
  • Swartgeverfde studente vra Mbeki om hulle te herklassifiseer as Afrikane;
  • Ballonprotes by Fort Schanskop;
  • Proteshok teen regstellende aksie by Aardklop
20140727_173355388642_551237398232472_1265996171_n 1235969_655052864505785_2125519498_n