IMG-20151117-WA0017-1024x768-1

Rektor transformeer Maties na universiteit van anargie

Die rektor van die Universiteit van Stellenbosch, prof. Wim de Villiers se wanbestuur lei tot anargie by dié universiteit. Betogers het vandag die kampus betree en strukture aan die brand gesteek. Die betogers sluit nie net studente in nie, maar werknemers van die universiteit.

“Die rektor is verantwoordelik om na die bates van die universiteit om te sien, wat kultuurbates insluit. Hy het hierdie gewelddadige klimaat self geskep met die ongeldige uitlatings wat hy oor die taalbeleid gemaak het. Hy moet nou optree om die kultuurskatte op die kampus te beskerm,” sê Morné Mostert, AfriForum Jeug se nasionale verteenwoordiger.

Die AfriForum Jeug Maties-tak het verneem dat die betogers die standbeeld van J.H. Maree aan die brand probeer steek het. Dié standbeeld is opgerig met die fondse wat Maree nagelaat het om die eerste Afrikaanse universiteit op Stellenbosch te stig.

“Hierdie standbeeld is ʼn bewys dat Afrikaans by Stellenbosch hoort. Ons sal die standbeeld skoonmaak, omdat die vlamme se roet die voetstuk swart gekleur het. AfriForum Jeug is tans in gesprek met die bestuur van die US, om te probeer verseker dat die kultuurskatte op die kampus bewaar sal word,” sê Bernard Pieters, woordvoerder van AfriForum Jeug Maties.

Sluit aan by AfriForum Jeug deur “Maties” te SMS na 32687. (R1)