REBELSPOORVASBYT – 2018

 

AGTERGROND

“Dit was die Afrikaner se donkerste uur toe die bittereinders van die Anglo-Boereoorlog mekaar twaalf jaar later die stryd aansê: Aan die een kant die regeringsmagte (Kakies) van premier Louis Botha en Jan Smuts, sy minister van verdediging – aan die ander kant die rebelliekommando’s (Boere) van kommandant-generaals Christiaan de Wet en Christiaan Beyers.

Ná ’n paar maande was alles verby. Die einde was bitterder as in 1902. De la Rey en Beyers was dood. De Wet, Kemp, Conroy, Wessels en duisende ander helde uit die Anglo-Boereoorlog was in die tronk. Jopie Fourie is op ’n Sondagoggend, net voor Kersfees, gefusilleer. Manie Maritz het in selfopgelegde ballingskap die wêreld vol geswerf.

Hoe gebeur só ’n tragedie? Wie is die skuldiges? Hoe kyk mens 100 jaar later daarna?”

Só lui die inleiding van dr. Louis Bothma, ons gids vir die toer, se boek Rebelspoor.

Bothma was voorheen ’n pelotonbevelvoerder by 32 Bataljon en ’n ekonomiedosent aan die Universiteit van die Vrystaat (UV). Hy is tans ’n passievolle historikus en  geskiedskrywer  woonagtig in Bloemfontein.

INLEIDING

In 2016 het AfriForum Jeug in samewerking met dr. Louis Bothma vir die eerste keer ’n gedeelte van die Rebelspoor met bussies, waentjies en ’n spul studente aangepak. In 2017 het ons dit weer met ’n groter groep gedoen. Een aand om die vuur op die plaas Zwartmodder vra Michelle Peens, een van die toerlede: “Oom, hoekom stap ons nie dié roete nie?”. Die idee het behoorlik vlam gevat en hier is ons nou. Vanjaar stap ons die gedeelte soos hieronder op ’n kaart aangedui wat oom Botties met moeite vir ons voorberei het:

Kaart Rebelspoor vasbyt

 

Uit die program sal jy sien dat daar sommige dele is wat ons gaan ry ook. Kry die Program hier.

 Wat hierdie toer so besonders maak, is dat ons jou uit jou gemaksone gaan neem wanneer ons op die spore reis van Jan Kemp, Manie Maritz en Albert Stadler gedurende die Rebellie van 1914/1915. Jy gaan plekke besoek waarheen jy nog nooit was nie, dinge uit jou geskiedenis leer wat jy nie geweet het nie, op plase – waar jy nie eers gedink het daar bly iemand nie – met ope arms ontvang word en vreemdelinge gaan vriende word.

Dit is ook die eerste keer ná die Rebellie wat iemand hierdie roete gaan stap. Daar was nog nooit ’n staptoer op die spore van die rebelle nie – hiermee sê ons ons vat ons geskiedenis terug. Ons wil weet wie ons helde was en ons wil weet wat hulle moes trotseer vir hul vryheidsideaal – iets waarna ons ook streef!

Om op die spore van die rebelle te toer, is ’n unieke pad. Daarom gaan jy ’n meester word van met die minste klaarkom, tent opslaan en vuurmaak. En die Kalahari-sand gaan jou dalk vir ’n ruk ná die toer steeds bybly.

 

Ons doel is om vir jou ’n begeleide geskiedenistoer te bied wat:

  • jou insig sal gee oor die aanloop tot, verloop en afloop van die Rebellie;
  • die rolspelers van die Rebellie sal uitlig;
  • jou sal laat ervaar wat die rebelle in daardie tyd vir vryheid moes deurmaak; en
  • jou die samesyn tussen vriende met dieselfde belangstellings sal laat geniet.

KOSTES

Die vooruitbetaalbare koste per persoon, saam met jou vrywaringsvorm, verseker jou plek op die toer.

R1 000 p.p. (Jy kry R500 terug indien jy wel die toer meemaak.)

Dit sluit in: Toergids en deurlopende voorligting oor die Rebellie; aandetes; gedenkwaardighede; vervoer tussen 1 en 5 April; water; draagbare stort; koffie en beskuit.

Daaglikse versnaperings uitgesluit.

Toerlede is verantwoordelik vir hul eie vervoer na en van Upington op 31 Maart en 6 April. Ons glo waar daar ’n wil is, is daar ’n weg en sal dus ’n plan maak om toerlede met vervoerreëlings te help indien hulle dit benodig.

BANKBESONDERHEDE

AfriForum NPC

FNB

623 4989 8398

261 550

Verwysing: Jou naam + REBELSPOOR

Navrae: Amni van Vollenstee by amni.vanvollenstee@afriforum.co.za.

VOORBEREIDING

Sodra ons toergroep se getalle vasgestel is, sal ’n lys van benodighede en verdere inligting deurgestuur word.

ALGEMENE INLIGTING

Die totale stapafstand is 75 km en word in 4 dae opgedeel.

Bystandsvoertuie: Een vragmotor en minstens twee bakkies.

Kamptoerusting, ens. sal op die bystandsvoertuie gelaai word. Toerlede hoef slegs met ’n rugsak met die belangrikste benodighede vir elke dag se roete te stap.

Die bystandsvoertuie is ook daar vir diegene wat tydens die staproete probleme ondervind.

’n Gekwalifiseerde verpleegster sal die noodhulp behartig in geval van nood.

’n Sertifikaat en ’n klein verrassing wag op diegene wat die roete saam met ons voltooi.

KONTAKBESONDERHEDE

Marike van As – 081 217 0008 of marike.vanas@afriforum.co.za.

As jy meer oor jou geskiedenis wil leer en by oplossings vir die toekoms betrokke wil raak, moet jy nie hierdie toer misloop nie!

Hoe verder jy in die toekoms wil sien, hoe verder moet jy in die verlede terugkyk…

Klik vir AfriForum Jeug Rebelspoorvasbyt – Vrywaringsvorm

 

EK STAAN SAAM MET BEÀTHA!

"*" indicates required fields

Naam en van*