US-korporatiewe-logo_CMYK

’n Donkie stamp nie sy kop twee keer teen dieselfde klip nie, maar Stellenbosch-rektor doen

AfriForum Jeug het verneem dat die Universiteit van Stellenbosch (US) hul rektor, professor Wim de Villiers, se verklaring oor die US se onderrigtaal teruggetrek het. Dít kom ná volgehoue druk van AfriForum Jeug se Maties-tak, Maties Alumni en ander studente op dié kampus. 

“Prof. de Villiers ken die bekende Afrikaanse idioom, dat ʼn donkie sy kop nie twee keer teen dieselfde klip stamp nie, duidelik nie. Dit is weereens een van sy besluite wat teruggetrek is, omdat hy nie die regte kanale gevolg het nie. As hy die Universiteitsraad met hierdie besluit wou uitsluit, watter besluite neem hy nóg sonder hulle goedkeuring?” vra Morné Mostert, AfriForum Jeug se nasionale verteenwoordiger.

“Hierdie is ʼn groot oorwinning vir ons en ʼn stap in die regte rigting van die universiteit se kant af, maar ons moet steeds versigtig wees, omdat ons nou weet wat prof. De Villiers se uitgangspunt oor Afrikaans by Maties is. Hy skep ʼn onnodige anti-Afrikaans klimaat op die Maties-kampus wat nie die realiteit is wat studente ondervind nie,” se Bernard Pieters, AfriForum Jeug se Maties-woordvoerder.

SMS “Maties” na 32687 om by AfriForum Jeug aan te sluit. (R1)