Vul gerus die vorm in vir enige navrae.

Naam *

E-pos *

Navrae

Taal/Language

Kovsie-sekuriteit die probleem, nie ras nie

deur in Mediaverklarings Witwarm op 21 February, 2014

Die insident waartydens die student by die Universiteit van die Vrystaat, Muzi Damani Gwebu, aangerand is, is nie ʼn rassekwessie nie, maar wel ʼn bewys dat die sekuriteit op die kampus veel te wense oorlaat. 

Dit is die mening van Willie de Waal, takvoorsitter van AfriForum Jeug Kovsies. “AfriForum Jeug keur die geweld ten sterkste af en veroordeel die optrede van al die betrokkenes. Maar dis juis die punt: daar is meer as een kant aan hierdie storie. Geen konfrontasie tussen studente, veral waar daar drank by betrokke is, is ooit net eensydig nie. Daarom versoek ons dat `n volledige ondersoek gedoen moet word om die ware verloop van sake aan die lig te bring.”

“SASCO se pogings om hierdie insident op te blaas en vir politieke gewin te benut, is onverantwoordelik en polariserend,” het Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug gesê. “Rasse-onmin is so reg in hulle kraal, want dit trek die media se aandag en kry steun van militante ondersteuners. Intussen verreken SASCO nie die skade wat hulle gewone studente en die universiteit berokken nie.”

Maree het daarop gewys dat ‘n damestudent en haar vriend verlede jaar voor haar koshuis met ‘n vuurwapen aangehou en beroof is, maar dat daar niks van gekom het nie. Hoewel dit ʼn baie ernstiger misdaad was, het dit nie SASCO of die owerhede se aandag getrek nie.

Afriforum Jeug moedig studente wat moeg is vir rassepolarisasie en viktimisasie om aan te sluit by die Kovsie-tak en so `n verskil te maak.