Jeugvleuel van AfriForum se Kraaifontein-tak help met fondsinsameling

AfriForum se Kraaifontein-tak het op 4 Mei 2019 vir Solidariteit Helpende Hand in Kraaifontein gehelp met ’n fondsinsameling vir ’n nuwe studiefonds wat vir verdienstelike kinders uit die gebied tot stand gebring word.

Die Kraaifontein-gemeenskap het wors aan die plaaslike Ons Winkel van Helpende Hand geskenk, wat gebruik is om worsbroodjies te verkoop. Die Kraaifontein-tak se jeugvleuel was ook daar om die inisiatief te ondersteun en met die bemarking te help. Die dag was ’n reusesukses en al die worsbroodjies is uitverkoop.

“Ek is baie bly om te sien hoe die gemeenskap ’n studiefonds vir ons kinders só ruimhartig ondersteun. Dit is wonderlik om deel daarvan te wees,” sê Christo la Grange, voorsitter van AfriForum se Kraaifontein-tak.

Raak vandag nog by dié tak se jeugstrukture betrokke en help om ’n verskil te maak: Stuur ’n e-pos na bernard.pieters@afriforum.co.za of SMS “Kraaifontein” na 32687 (R1).