Vul gerus die vorm in vir enige navrae.

Naam *

E-pos *

Navrae

Taal/Language

vt-leierskampBeste AfriForum-lid

Ons kondig met vreugde aan dat AfriForum onlangs besluit het om ’n leierskapsontwikkelingskamp vir die kinders van AfriForum se lede aan te bied.

Die doel van die kamp is om ons kinders voor te berei vir die lewe na skool en hul vaardighede as toekomstige leiers te ontwikkel. Die kamp sal op ’n Christelike grondslag plaasvind en daar sal in besonder gefokus word om kampgangers se leierskapsvaardighede te ontwikkel en ’n groter waardering vir Afrikanerkultuur en –geskiedenis onder jongmense te kweek. Spesifieke terreine waarop lewensvaardighede gedurende die kamp ontwikkel sal word sluit die volgende in:

  • Leierskapsontwikkeling
  • Afrikanergeskiedenis
  • Kommunikasie
  • Konflikhantering
  • Probleemoplossing
  • Entrepreneurskap
  • Studentelewe
  • Paraatheid en selfverdediging (geen militêre aktiwiteite nie)
  • Perdry
  • Kleilat
  • Ringtennis
  • Vlagroof in die bos (dit is soos paintball, maar sonder gewere)

Die kamp beloof om nie net groot pret te wees nie, maar om ook groot waarde tot u kind se lewe te voeg.

 

Algemene inligting en voorwaardes:

  1. Die kamp begin amptelik Saterdag, 5 Desember 2015 en almal moet 14:00 op die terrein wees.
  2. In die afwesigheid van buitengewone omstandighede en toestemming van die ouers sal geen kampganger toegelaat word om die kampterrein te verlaat voor Saterdag, 12 Desember om 12:00 nie.
  3. Geen alkoholiese drank, dwelmmiddels en sigarette word op die kampterrein toegelaat nie. Oortreders sal summier huis toe gestuur word.
  4. Alle kampeerders staan vandat hulle op die kampterrein aankom totdat hulle vertrek, onder beheer en toesig van die kampkoördineerder.
  5. Alle seuns en dogters word afsonderlik gehuisves, geen seuns word in dogters se slaapvertrekke of badkamers toegelaat nie. Oortreders sal summier huis toe gestuur word.
  6. Kinders sal gevra word om hul selfone tydens die kamp in te gee vir veilige bewaring. ’n Selfoonnommer van een van die toesighouers sal voorsien word waarby kinders in noodgevalle gekontak kan word.
  7. Medikasie en spesiale mediese behoeftes moet vooraf aan die kampkoördineerder gekommunikeer word.
  8. Hoewel ’n streng program gevolg word, sal daar genoeg tyd aan die kinders gegun word om te ontspan, saam te kuier en vriende te maak.
  9. Drie etes sal per dag voorsien word, sowel as koffie en koeldrank. Daar sal ook ’n kontantsnoepie wees.
  10. ’n Volledige lys van kampreëls sal by ’n latere geleentheid beskikbaar gemaak word.

 

Die besonderhede vir die kamp is soos volg:

Datum: 5 – 12 Desember 2015
Plek: Mooikrans Equus R35 Mooigelegen plaas, Amersfoort, 2490
Hoe om te registreer: Vul die vorm in hieronder
Sluiting van registrasie: Registrasie is reeds oop en sluit op 5 November Let wel daar is slegs 100 plekke beskikbaar
Vervoer: Busvervoer sal vanaf Pretoria gereël word. Die moontlikheid om ’n addisionele bus te reël sal oorweeg word.
Kampkostes: R1000 per kind, sluit in akkommodasie, drie etes per dag en busvervoer vanaf Pretoria
Meer besonderhede: Kontak Salet Scheffer by kamp@afriforum.co.za

 

Vul die inskrywings- en vrywaringsvorm in of klik hier om die vorm af te laai of volg hierdie skakel vir ‘n elektroniesevorm –> https://www.afriforum.co.za/afriforum-leierskamp-vir-graad-11-leerlinge/

 

Bankbesonderhede:

Banknaam: AfriForum NPC

Rekeningnommer: 623 4989 8398

Taknaam: FNB-Centurion

Takkode: 261-550

Verwysingsnommer: Kamp, Naam, Van

 

Faks of e-pos die inskrywingsvorm en bewys van betaling aan:

Salet Scheffer

Faks: 012 664 1281

E-posadres: kamp@afriforum.co.za