Vul gerus die vorm in vir enige navrae.

Naam *

E-pos *

Navrae

Taal/Language

Solidariteit Helpende Hand internskap 2015

deur in op 28 May, 2015

Helpende Hand

Internskapprogram

Helpende Hand is ʼn organisasie sonder winsoogmerk wat ses betaalde internskappe in Kloofsig, Centurion, beskikbaar het. Die geskikte kandidate moet beskikbaar wees om vanaf 1 tot 17 Julie 2015 aan ’n internskapprogram deel te neem. Verblyf word verskaf.

Kandidate sal in die sosiale sektor opleiding ontvang en ervaring opdoen, wat onder andere projekbestuur en veldtogbeplanning insluit, met die fokus op armoedeverligting, -verbreking en -voorkoming.

Daar is vier posisies beskikbaar:

  • Projekorganiseerder (2 internskappe beskikbaar)
  • Joernalis/Skakelbeampte/Sosiale media-beampte (2 internskappe beskikbaar)
  • Web-ontwikkelingsbeampte/Grafiese ontwerper
  • Bemarkingsbeampte/Videograaf

Aansoeke is oop vir senior studente in toepaslike studierigtings in hul derde of vierde akademiese studiejaar of soortgelyke vlakke (technikon/kollege). Helpende Hand is spesifiek op soek na studente in een van die bogenoemde studierigtings, maar studente met soortgelyke belangstellings of vaardighede kan ook aansoek doen.

Die volgende vaardighede word benodig:

  • Uitstekende kommunikasie- en organiseringsvaardighede
  • Goeie interpersoonlike en aanbiedingsvaardighede
  • Leierskapeienskappe, motiverings- en prioritiseringsvermoë
  • Vermoë om innoverend te kan dink
  • Goeie menseverhoudinge en vermoë om goed in ’n span te kan werk
  • Goeie rekenaarvaardighede

Belangstelling en ervaring in die sosiale sektor of met liefdadigheidsprojekte sal in jou guns stel.

Indien jy by dié profiel inpas, stuur asseblief jou CV asook die posisie waarvoor jy aansoek doen, voor of op 2 Junie 2015 per e-pos aan Michellé Burger by michelleb@helpendehand.co.za.

Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat jou aansoek onsuksesvol was.