Vul gerus die vorm in vir enige navrae.

Naam *

E-pos *

Navrae

Taal/Language

Krisisberaad van die Solidariteit Beweging

deur in op 24 April, 2015

Sol-krisis-nationaal (2)

Krisisberaad van die Solidariteit Beweging op 5 Mei 2015.

AfriForum hou ’n krisisberaad op Dinsdag 5 Mei 2015. Die doel van die beraad is om te besin oor die groeiende krisis in die land en hoe die uitwerking daarvan op ons lede en ons gemeenskap hanteer moet word.

Die beraad sal die toenemende tekens dat die agteruitgang in die land besig is om momentum te kry onder die soeklig plaas en planne op die tafel plaas om die Afrikaner-gemeenskap daarteen te beskerm.

Die tema van die beraad is: Ons is hier om te bly!

Daar sal vier fokuspunte vir die beraad wees:

  • Die groeiende gevaar van staatsverval;
  • Die toenemende tekens dat die regering teen Afrikaners begin regeer;
  • Die bekendstelling van ’n tussentydse aksieplan as antwoord op die staatsverval en verontregting van Afrikaners; en
  • Die verkryging van ’n mandaat vir die aanstelling van ’n taakspan van die Solidariteit Beweging om ’n omvattende strategie vir die toekoms uit te werk.

Die beraad sal op Dinsdag 5 Mei in die saal onder die amfiteater van die Voortrekker-monument plaasvind. Gaste word versoek om vooraf by www.krisisberaad.co.za te registreer sodat verrigtinge stiptelik om teen 10:00 kan begin. Die verwagting is dat daar teen 14:00 afgesluit sal word. Middagete sal verkoop word ten bate van Solidariteit Helpende Hand. Bywoning is gratis.

Onderwerpe wat bespreek sal word:

Kundiges van die Solidariteit Beweging sal onder meer die volgende brandpunte bespreek:

  • Die verslegtende veiligheidstoestand in die land;
  • Die krisis in die land se infrastruktuur, waarvan Eskom ’n sprekende voorbeeld is;
  • Die verskerping van rassewette onder die dekmantel van “regstellende aksie”;
  • Die groeiende rasse-onverdraagsaamheid;
  • Die gevaar dat meerderheidsregering in meerderheidsoorheersing ontaard;
  • Die vandalisering van Afrikanermonumente en die regering se planne daarmee;
  • Die voortdurende veldtog om Afrikaanse skole te verengels;
  • Die munisipale verval in die land;
  • Die groeiende staatsinmenging in besigheid onder die dekmantel van SEB;
  • Die bedreiging van die regsorde in die algemeen en eiendomsreg in die besonder;
  • Die benadeling van ons taal en kultuur deur die owerhede;
  • Die kriminalisering van die Afrikaner se geskiedenis;
  • Swak regering en korrupsie;
  • Werkloosheid;
  • Die verswakking van rassebetrekkinge; en
  • Ander brandpunte wat aandag verdien.

’n Aksieplan sal ook bekendgestel word om hierdie en ander brandpunte te hanteer, terwyl ’n mandaat gevra sal word om ’n spesiale taakspan van die Solidariteit Beweging te stig om ’n omvattende strategie vir die toekoms uit te werk.

Registrasie:

Omdat plek beperk is, word belangstellendes versoek om so gou as moontlik te registreer sodat ons betyds reëlings kan tref.

Registreer aanlyn by  www.krisisberaad.co.za