Vul gerus die vorm in vir enige navrae.

Naam *

E-pos *

Navrae

Taal/Language

Kerkstraaatbom

deur in op 15 May, 2015

Die Kerkstraat-bomontploffing was ‘n aanval wat Umkhonto we Sizwe, die militêre vleuel van die ANC, op 20 Mei 1983 in Kerkstraat in Pretoria geloods het. ‘n Motorbom is hiervoor gebruik wat 19 mense gedood en 217 beseer het. Dit word as een van die grootste aanvalle deur die ANC in sy stryd teen apartheid beskou.

Die motorbom met 40 kg plofstof is buite Nedbank Plein in Kerkstraat gelaat om teen 4:30pm op ‘n Vrydag af te gaan. Die teiken was die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) wat van die kantore in die gebou gehuur het. Omdat dit teen spitstyd afgegaan het, is verskeie burgerlike persone egter ook gedood en beseer. Die hanteerders van die bom, Freddie Shangwe en Ezekial Maseko, sterf ook in die ontploffing, nadat dit 10 minute te vroeg afgegaan het. Ten minste 20 ambulanse is ingespan om die dooies en gewondes weg te neem.