Vul gerus die vorm in vir enige navrae.

Naam *

E-pos *

Navrae

Taal/Language

Groenbussie Projek skop af

deur in op 10 June, 2015

Jeug-kindersAfriForum Jeug nooi alle belangstellendes na ons Groenbussie projek afskop. Ons gaan op 16 Junie by die Voortrekkermonument potjiekos kompetisie hou en ook die Groenbussie projek bekend stel. Die projek is gemik daarop om R1 miljoen in te samel vir die Gracia kinderhuis. Die kinders gaan die dag ook saam met ons kom geniet. Ons gaan boeresporte die dag hou en lekker potjies maak. Elke groep wat deelneem is verantwoordelik vir hul eie potjie en bestanddele, ons verskaf rys en slaai asook die vure.

Ons wil almal aanmoedig om die dag by te woon. Ons as jeug gaan nie Jeugdag vier nie, maar `n sterk boodskap uitstuur dat beleide so diskriminerend van aard is dat ons as Afrikaner Jeug ons toekoms in eie hande neem.

Ons beplan dat die dag se aktiwiteite om 10:00 begin en so teen 15:00 klaar maak. Mense is welkom om hul families saam te bring.

Jeug-potjie