Vul gerus die vorm in vir enige navrae.

Naam *

E-pos *

Navrae

Taal/Language

Afrikaans 90

deur in op 24 April, 2015

Afrikaans vier hierdie jaar sy negentigste erkenning as amptelike taal in Suid-Afrika. Die Parlement van die eertydse Unie van Suid-Afrika het Afrikaans op 8 Mei 1925 as amptelike landstaal erken. Afrikaans is een van net vier tale wat in die vorige eeu suksesvol in alle taalfunksies moderniseer het. Omdat Afrikaans die jongste taal is, kan ons met reg sê dat Afrikaans vanjaar amptelik 90 jaar jonk is, hoewel die taal al baie langer geskryf en veral gepraat is. Die keuse vir Afrikaans in 1925 is later as ʼn besondere geloofsdaad deur NP van Wyk Louw beskryf. Hy het gesê dat dit ʼn groot waagstuk was om Hollands as ʼn gevestigde taal te laat vaar, en die stryd teen Engels met ʼn jong ongevormde taal sonder literatuur of status aan te knoop.

Lees meer HIER