Vul gerus die vorm in vir enige navrae.

Naam *

E-pos *

Navrae

Taal/Language

Category Archives: veldtogte

Rebellietoer 2017

deur in veldtogte Witwarm op 03 July, 2017

“Dit was die Afrikaner se donkerste uur toe die bittereinders van die Anglo-Boereoorlog mekaar 12 jaar later die stryd aansê: Aan die een kant die regeringsmagte (Kakies) van premier Louis Botha en Jan Smuts, sy minister van verdediging – aan die ander kant die rebelliekommando’s (Boere) van kommandant-generaals Christiaan de Wet en Christiaan Beyers.

Verseker dat NWU LLB-graad akkreditasie behou

deur in veldtogte op 21 April, 2017

Verseker dat NWU LLB-graad akkreditasie behou

AfriForum Jeug is bekommerd oor die oënskynlike politieke agenda agter die aanpassings wat aan die LLB-graad van die Noordwes-universiteit vereis word deur die Raad op Hoër Onderwys. Die raad het onlangs verskeie gebreke met dié kwalifikasie by die NWU uitgewys wat daartoe kan lei dat akkreditasie teruggetrek kan word.

Studente moet opstaan en betrokke raak indien hulle erkende grade wil verwerf.

Voeg jou naam by ons petisie om aan te dring dat die universiteit alles moontlik doen om te verseker dat die LLB-graad geakkrediteer bly.

 

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

 

kovsies

#onswiljo(o)l – Bring Tuks Jool terug!

deur in veldtogte op 21 April, 2017

#onswiljo(o)l – Bring Tuks Jool terug!

bring-tuks-jool-terug-header

Die eerste Jool-byeenkoms in Suid-Afrika is in 1925 by die Universiteit van Pretoria (UP) gehou.

Die UP-bestuur poog om jou van studentwees te ontneem deur:
– Studentelewe op Tuks te verwyder
– Studentetradisies op kampus af te skaf

AfriForum Jeug is gekant teen die afskaffing van studentetradisies want #onswiljo(o)l!

Onderteken AfriForum Jeug se petisie indien jy voel dat studentelewe op Tuks bevorder moet word en Jool weer soos in toeka se dae sy regmatige plek as ’n wonderlike studentetradisie moet inneem.

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

kovsies

Universiteitsbesture, laat ons studente in vrede studeer!

deur in veldtogte op 30 January, 2017

Universiteitsbesture, laat ons studente in vrede studeer!

 

  • Deur hierdie petisie te onderteken, doen ek ’n beroep op die universiteitsbestuur om al die kampusse van dié universiteit te heropen sodat akademiese aktiwiteite in vrede kan voortgaan. Ek doen verder ’n beroep op die universiteitsbestuur om die nodige maatreëls te tref sodat studente en personeel veilig kan wees en om streng teen studente en personeel op te tree wat ontwrigting veroorsaak.

    Bepalings en voorwaardes geld.

kovsies

UV-bestuur, laat ons studeer!

deur in veldtogte op 20 September, 2016

UV-bestuur, laat ons studeer!

 

  • Deur hierdie petisie te onderteken, doen ek ’n beroep op die UV-bestuur om die Bloemfontein- en Suidkampusse te heropen sodat akademiese aktiwiteite kan voortgaan. Ek doen verder ’n beroep op die UV-bestuur om die nodige maatreëls te tref sodat studente en personeel veilig kan wees en om streng teen studente op te tree wat ontwrigting veroorsaak.

    Bepalings en voorwaardes geld.

kovsies

webbladcover

Rugsakreis op die Rebelspoor

deur in veldtogte op 09 September, 2016

webbladcover

Rugsakreis op die Rebelspoor

Dit was die Afrikaner se donkerste uur toe die bittereinders van die Anglo-Boereoorlog mekaar twaalf jaar later die stryd aansê: Aan die een kant die regeringsmagte (Kakies) van premier Louis Botha en sy minister van verdediging, Jan Smuts – aan die ander kant die rebelliekommando’s (Boere) van generaal Koos de la Rey, kommandant-generaals Christiaan de Wet en Christiaan Beyers. Na ’n paar maande was alles verby. Die einde was bitterder as in 1902.

  • Koos de la Rey
  • Christiaan de Wet
  • Jan Kemp
  • Jopie Fourie
  • Manie Maritz

Hoe gebeur so ’n tragedie?
Wie was die rolspelers?
Hoe kyk ’n mens ’n honderd jaar later daarna?

Bring jou rugsak en kom toer deur die Kalahari op die spore van genl. Kemp en genl. Maritz saam met AfriForum Jeug

Datum: 1 – 9 Oktober 2016
Koste: Gratis
RSVP:Stuur jou naam, van, selfoonnommer en kampusnaam voor of op 15 September na: marike@afriforum.co.za

Grafika:

  • 2500 km
  • 6 Bestemmings
  • 9 Dae vol pret en opwinding
  • Leer meer oor jou kultuur
  • Leer meer oor jou geskiedenis
  • Leer meer oor jou erfenis
  • Leer meer oor jouself

Kovsies! Laat Soetdoring en Armentum toe om aan die finaal van die ATKV se Universiteitesêr deel te neem!

deur in veldtogte op 19 August, 2016

Kovsies! Laat Soetdoring en Armentum toe om aan die finaal van die ATKV se Universiteitesêr deel te neem!

Deur hierdie petisie te onderteken, doen ek ‘n beroep op die bestuur van die UV om Soetdoring en Armentum toe te laat om aan die finaal van die ATKV se Universiteitesêr deel te neem.

kovsies

Kovsies 2017-taalbeleid

deur in veldtogte op 16 August, 2016

Word jy verplig om in Engels klas te draf, hoewel jy vir Afrikaans geregistreer is? Laat weet ons!

Terwyl AfriForum, AfriForum Jeug en Solidariteit besig is om die stryd in die hof oor die 2017-taalbeleid voort te sit, is die universiteit reeds besig om sekere modules teenstrydig met die huidige beleid in slegs Engels aan te bied. Sleutel jou klagte en besonderhede hieronder in en ons sal jou kontak.

Maties SR-verkiesing

deur in veldtogte op 28 July, 2016

Facebook

Waarom moet ek my kruisie trek tydens die studenteraadverkiesing?
ʼn Bevoegde studenteraad (SR):

 

  1. Kommunikeer met studente en is bewus van die jongste verwikkelinge;
  2. Spreek klagtes aan wat van studente ontvang word;
  3. Vermy politieke paaiery en doen wat werklik in belang van studente is;
  4. Verhoed dat ʼn klein groepie anargiste namens alle studente praat;
  5. Neem studente se menings in ag tydens besluitneming en steun nie slegs op hul eie opinie nie;
  6. Laat hulle nie deur die bestuur voorskryf nie;
  7. Probeer om studente gelukkig te hou, nie die bestuur nie;
  8. Praat namens jou by die raad en senaat;
  9. Huiwer nie om die howe te nader ten einde studente se regte te beskerm nie.

Stem vir ʼn studenteraad (SR) indien jy keelvol is vir:

 

  1. Geweld op kampus;
  2. ʼn Klein groepie anargiste wat kwansuis namens jou praat;
  3. ʼn SR wat nie na studente luister nie;
  4. ʼn SR wat niks rondom studente se klagtes doen nie;
  5. ʼn SR wat besluite neem sonder om studente se menings in ag te neem;
  6. ʼn SR wat slegs probeer om politieke partye gelukkig te hou;
  7. ʼn SR wat meer daarin belangstel om die bestuur gelukkig te hou as studente;
  8. ʼn SR wat nie namens studente optree nie, maar hulle deur die bestuur laat voorskryf;
  9. ʼn SR wat te bang en geïsoleerd is om die howe te nader indien dit nodig sou wees;
  10. ʼn SR wat swig voor intimidasie.

Jongste nuus rakende die SR-verkiesing:

 

AfriForum Jeug ondersteun die volgende kandidate:

 

 

AfriForum Jeug veg in hof vir behoud van Afrikaans op Kovsies

deur in veldtogte op 28 June, 2016

Jeug-veldtog-banner

Die Universiteit van Vrystaat se regspan erken dat die besluit op ’n nuwe taalbeleid wat Afrikaans as medium van onderrig aan die instelling uitrangeer, nie weens finansiële redes geneem is nie, maar omdat Afrikaans volgens hulle tot segregasie lei.

Geen reg kan bevorder word deur ’n ander reg weg te neem nie. Die Universiteit van Vrystaat bied parallelmedium-onderrig aan en geen student word van ’n studiegeleentheid ontneem omdat ʼn ander student se reg tot Afrikaanse moedertaalonderrig gerespekteer word nie.

AfriForum Jeug dryf ʼn petisie vir die behoud van Afrikaans op Kovsies. As moedertaalonderrig jou of jou naastes na aan die hart lê laat jou stem hoor.

Teken die petisie hieronder en help AfriForum Jeug om Afrikaans op Kovsies te red!
Versprei asb. die petisie en moedig vriende en familie aan om dit ook te teken.

Kovsies Kleinsêr: Sê jou sê

deur in veldtogte op 20 April, 2016

#AfrikaansSalBly

deur in veldtogte op 01 April, 2016

Afrikaans sal bly

#AfrikaansSalBly

 Moedertaalonderrig is nie ’n voorreg nie, maar jou grondwetlike reg – daarom dring ons daarop aan om in Afrikaans klas te loop.

AfriForum Jeug loods die #AfrikaansSalBly-veldtog vir die behoud en implimentering van Afrikaans op tersiêre vlak.

Die veldtog dien as bewusmaking onder en motivering van studente op alle kampusse om in Afrikaans te dig en droom, bid en dink, sing en dans.

Staan ’n kans om ’n AfriForum Jeug-studiebeurs van R20 000 te wen as jy in Afrikaans studeer.

SMS  jou “naam” en “kampus se naam” na 32687 (R1).  

 

  • Bepalings en voorwaardes geld.
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

STAAN OP TEEN ONREGVERDIGHEID!

deur in veldtogte op 02 February, 2016

STAAN OP TEEN ONREGVERDIGHEID!

  • Die besluite van die bestuur van Stellenbosch-kampus is teenstrydig met die Grondwet en die universiteit se taalbeleid.
  • Besluite wat deur bestuur geneem word, weerspieël nie dit wat in uitsprake gesê word nie.
  • Prof. Wim de Villiers – die visekanselier en rektor – kan nie langer vertrou word nie.
  • Laat gelykheid eerder as onregverdigheid op Stellenbosch-kampus seëvier.

 

Teken AfriForum Jeug se petisie en eis dat MATIES-studente van onregverdigheid vrygestel word!

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Stel ons vry!

deur in veldtogte op 21 October, 2014

Stel ons vry!:

AfriForum Jeug dryf ‘n veldtog teen onbillike regstellende aksie (affirmative action). Regstellende aksie in Suid-Afrika het misluk omdat dit die minderheid vervreem en nie aan die verwagtinge van die meerderheid voldoen nie. AfriForum Jeug eis dat jongmense van regstellende aksie vrygestel moet word.

Aksies wat al gedryf is:

  • Petisie teen rasseklassefikasie ingehandig by parlement.
  • Dryf veldtog teen rasseklassefikasie.
  • Nasionale protesaksie op vier universiteitskampusse (UP, US, NWU, UV);
  • Gesprek met die internasionale liggaam, UNESCO, oor onbillike praktyke aangaande regstellende aksie;
  • Bystand aan studente wat aan rasgebaseerde toelatingsvereistes aan universiteite onderworpe is en daaronder ly;
  • Samel meer as 10 000 petisies in teen regstellende aksie;
  • Mobiliseer jongmense teen dié beleid en beïnvloed privaat sektor om standpunt in te neem;
  • Hou dieretuinprotes oor regstellende aksie;
  • Swartgeverfde studente vra Mbeki om hulle te herklassifiseer as Afrikane;
  • Ballonprotes by Fort Schanskop;
  • Proteshok teen regstellende aksie by Aardklop
20140727_173355388642_551237398232472_1265996171_n 1235969_655052864505785_2125519498_n

Jeugontwikkeling

deur in veldtogte op 21 October, 2014

Jeugontwikkeling:

Die bevordering van ’n kultuur van leierskap onder jongmense is een van AfriForum Jeug se hooffokusareas. Die doel is nie net om leierskap te kweek nie, maar ook om die Christelike demokratiese denkraamwerk en die beginsel van kulturele vryheid aan jongmense bekend te stel.

Opleiding onder die jeug gaan in drie sfere plaasvind, naamlik takbestuursopleiding, openbare kitsopleidingsessies en ’n opleidingstoer.

Takbestuursopleiding:

Takbestuursopleiding vind plaas in die vorm van ’n interkampus-opleidingskamp wat aan die begin van elke jaar gereël word. AfriForum Jeug se uitvoerende bestuur, landswye takbestuurslede en lede wat op portefeuljekomitees dien, woon die kamp by. Die opleiding fokus op die bestuur van spesifieke portefeuljes, woordvoerdervaardighede, AfriForum Jeug se nasionale strategie en beplanning ten opsigte van veldtogte, ledewerwing en fondsinsamelings.

Kitsopleidingsessies:

Kitsopleidingsessies is informele opleiding waar sprekers binne ’n beperkte tyd ’n konsep verduidelik. Die elemente wat gedek word, is onder meer leierskap, waardes, geskiedenis, erfenis, kulturele vryheid en ook vaardighede soos onderhandelings- en debatvoeringsvaardighede. AfriForum Jeug neem elke drie maande nuwe jongmense in die program op.

Opleidingstoer

Die opleidingstoer behels ’n begeleide toer na verskeie museums, erfenisgebiede en geskiedkundige besienswaardighede regoor Suid-Afrika. Die toer poog om jongmense bloot te stel aan die betekenis van kulturele vryheid en die waarde van Afrikanergeskiedenis. Die opleidingstoer vind in September plaas.

Raak meer betrokke, e-pos jou besonderhede na jeug@afriforum.co.za

Gehalte onderwys

deur in veldtogte op 21 October, 2014

Gehalte onderwys:

Aksies wat al gedryf is om gehalteonderwys te verseker:

  • Vergader met raad van Hoër Onderwys om toelating tot universiteite wat gegrond is op ras te bespreek.
  • Tree op saam met Potchefstroom Landou studente om diskriminasie teen Afrikaans en blanke studente op kampus teen te staan.
  • Was suksesvol om leerlinge van regoor Suid-Afrika se uitstaande matrieksertifikate te laat uitreik;
  • Toelatingsvereistes aan universiteite aangevat en topstudente bygestaan om toelating te kry;
  • Gr. 12-vraestelle wat van swak gehalte was aan die minister van basiese onderwys deurgegee en voorstelle ingedien;
  • Dryf veldtogte vir die behoud van moedertaalonderrig as tersiêre en sekondêre onderrigmedium;
  • Sentralisering van universiteitsaansoeke by die departement van hoër onderwys teengestaan;
  • Veeartsenykundestudente, wat aan diskriminerende toelatingsvereistes onderworpe was, bygestaan;
  • Onderwysdepartement van Mpumalanga by die Openbare Beskermer (OB) aangekla vanweë administratiewe probleme wat leerlinge en ouers ervaar het.

Bevorder Afrikaans

deur in veldtogte op 20 October, 2014

Bevorder Afrikaans:

‘n Klagtekanaal vir studente se taalklagtes:

Studente kan hul stem laat hoor oor probleme wat met taal verband hou. Dit gebeur dikwels dat studente vir Afrikaanse lesings betaal, net om te ontdek dat lesings eksklusief in Engels aangebied word. AfriForum Jeug moedig Afrikaanse studente aan om  inligting hieroor aan ons deur te gee sodat dit aangespreek kan word.

Aksies wat al gedryf is vir die beskerming van Afrikaans:

  • Tree teen UNISA op nadat dit aan die lig gekom het dat UNISA nie Afrikaanse vraestelle beskikbaar gestel het aan Afrikaanse studente nie.
  • Vegader met raad van Hoër Onderwys om rasseklassifikasie te bespreek.
  • Omvattende verslag oor moedertaalonderrig bekendgestel;
  • Petisiemuur by Tukkies aangebring wat eis dat studentegetalle van Afrikaanssprekendes nie verder afneem nie;
  • Voorlegging aan die minister van hoër onderwys gedoen oor die voordele van moedertaalonderrig;
  • Veg vir behoud van Afrikaanse enkelmediumskole;
  • Voortdurende suksesvolle hantering van taalklagtes op universiteitskampusse;
  • Jeugkonferensies oor moedertaalonderrig gehou;
  • Studentekonferensie op Tukkies oor voordele van moedertaalonderrig gehou;
  • Stille protes vir moedertaalonderrig by die departement van hoër onderwys;
  • Protespiekniek vir Afrikaans op Tukkies;
  • ‘Hardloop vir Afrikaans’-geleenthede op universiteitskampusse.

Groenbussieprojek

deur in veldtogte op 20 October, 2014

Groenbussieprojek:

AfriForum Jeug is die afgelope twee jaar betrokke by liefdadigheidsprojekte by kinderhuise landwyd. Ons Groenemmerprojek was ʼn reusesukses en het ʼn werklike verskil in kinders se lewens gemaak.

AfriForum Jeug het egter in 2015 besluit om die Groenbussieprojek van stapel te stuur wat die insameling van R1 miljoen behels. Dit is ʼn reusetaak, maar vir ʼn reusedoel.

Dié doel is die Gracia-kinderhuis in Pretoria-Wes. Die kinderhuis het etlike jare gelede genoegsame behuising gehad, maar dié prentjie het verander. Die kinderhuis het hul behuising verloor, nadat die donateur oorlede is. Die huismoeder het die kinders in haar eie woning ingeneem en die huis aangepas om 40 tot 60 kinders te kan akkommodeer. Die kinderhuis ontvang geen staatsubsidie nie en is van borge afhanklik.

Dit is Gracia en AfriForum Jeug se droom om R1 miljoen in te samel. Die geld sal gebruik word om ʼn huis – direk langs die kinderhuis – te koop.

Die bykomende geld wat moontlik ingesamel sal word, sal vir verdere studies vir die kinders aangewend word.

Die geld word direk in ’n trust inbetaal, wat deur Hurter Spies Prokureurs geadministreer word.

Kyk gerus die video wat AfriForum van die kinderhuis vervaardig het en voel asseblief welkom om ons te kontak vir enige navrae.