Vul gerus die vorm in vir enige navrae.
‘n Beknopte biografie vir die Millenniale Suid-Afrikaner
Daar is tans spanning oor die Anton van Wouw beeld van President Marthinus Theunis (MT) Steyn op die Universiteit van die Vrystaat se Bloemfontein Kampus. Ten spyte van die feit dat die standbeeld ʼn monitêre waarde as ʼn kunsstuk het en daarmee ʼn bate is vir die vermelde universiteit, het dit ook ʼn waarde as ʼn opvoedkundige en kulturele bate vir die millenniale generasie. Die woord opvoedkundig sal dalk die wenkbroue lig.
deur Anita Erasmus in Blog op 13 March, 2018
Lees hier die gedig wat *Pukkie geskryf het in verband met Afrikaans op die Puk-kampus.
*Skuilnaam
AfriForum Jeug het in 2016 ’n baadjie van vele kleure aangetrek. Ons moes noodgedwonge talle kere sedert die begin van die jaar die opstaan-en-baklei-baadjie aantrek om verskeie kampuskwessies te help beredder, waaronder “Afrikaans sal bly”.
Dis ’n lang pad, maar hulle sê dit gaan die moeite werd wees…
En so skop AfriForum Jeug se toer af met ’n tentopslanery, potjiekos eet en ’n lekker warm stort, onwetend dat dit die eerste stort van min op die toer gaan wees.
Die Rebellie-toer het ons almal se lewens verander. Ek dink ook dat almal saamstem dat dit anders was as enige toer waarop ons voorheen was.
AfriForum Jeug, AfriForum en Solidariteit het die afgelope week die 2 461ste sitting van die Verenigde Nasies se komitee vir die uitwissing van rassediskriminasie (CERD) in Genève, Switserland bygewoon.
AfriForum Jeug gaan die kwessie oor die kwotastelsel internasionaliseer wanneer Henrico Barnard, AfriForum Jeug Tuks se VSR-presidentskandidaat, in Augustus na die Verenigde Nasies gaan om die jeug dáár te verteenwoordig.
Ek is…
Ek is ’n Afrikaner. Dit is niks om oor skaam te wees nie. Om die waarheid te sê, ek is trots daarop.
deur Admin in Blog Hou ons hier dop op 15 October, 2015
Sowat twintig studente van Maties, Tuks, Kovsies en die Puk het van regoor die land saamgekom om aan die AfriForum Jeug-toer deel te neem.
Die toer, wat sowel ʼn nasionale leierskapsontwikkelings- as ʼn geskiedkundige toer was, het oor tien dae en vyf provinsies gestrek.
Geagte Stellenbosch-student,
Die onlangse video genaamd Luister wat deur die groep Open Stellenbosch op sosiale media gelaai is, is niks anders as goedkoop propaganda nie. Ek weet sekere lede van die publiek, en veral lede van Open Stellenbosch, gaan nie met my stelling saamstem nie, maar gee my die geleentheid om dit te verduidelik.
deur Admin in Blog Hou ons hier dop op 13 August, 2015
Dit is ʼn jammerte dat ons nie altyd besef wanneer ons in die middel van ʼn groot oomblik in ons lewens is nie. Eers weke of maande ná die tyd besef ons dat ons op daardie oomblik besig was met iets wat vir die res van ons lewens ons perspektief verander het, met iets wat ons vir die res van ons lewens as kampvuurgesprekspunt gaan gebruik. (Ek weet nie of die woord kampvuurgesprekspunt ʼn amptelike woord is nie, maar as dit nie is nie: Geagte Afrikaanse taal, dit is ʼn plesier.) Vir my was AfriForum se internskapprogram gedurende Junie en Julie 2015 só ʼn oomblik – ʼn oomblik wat my sal bybly solank as wat my geheue werkend bly. (Daar is wel dementia in ons familie, so dit is dalk goed dat ek hierdie dinge nou neerskryf…)
deur Guido Urlings in Blog Hou ons hier dop op 29 June, 2015
Vyf-en-twintig jaar oud, Nederlands, hou van musiek en politiek, meesterstudent in Krisis- en Sekuriteitsbestuur aan die Universiteit van Leiden, Den Haag-kampus in Nederland, en… ʼn trotse lid van en tans besig met ʼn internskap by AfriForum. Eersgenoemde lei nie gewoonlik na vrae nie, maar laasgenoemde vereis ʼn versigtige verduideliking wat ek nog nie kon verskaf nie, tot nóú.
deur Admin in Blog Hou ons hier dop op 24 June, 2015
My naam is John-Henry Sinclair. Ek is ’n student in my finale jaar aan die Universiteit van die Vrystaat (Kovsies).
Ek is ’n positiewe, jong Vrystaatse Afrikanerseun. Dít in ’n samelewing waar my suster al amper verkrag, my broer in ons huis deur rowers aangehou is en ek my oupa George deur ’n plaasmoord verloor het.
deur Henk Maree in Blog Hou ons hier dop op 25 May, 2015
Geagte regter Van der Merwe en raadslede,
Ek rig hierdie brief aan u in u hoedanigheid as raadslede van die Universiteit van die Vrystaat namens van ons lede wat aan die UV studeer, maar uit vrees vir viktimisering nie kans sien om hulself te identifiseer nie.
Met al die huidige klem op die verwydering van ’imperialistiese’ standbeelde, is dit ironies dat een van die teikens van dié beweging die standbeeld van Jan Hendrik Hofmeyr is. Indien daar één persoon is wie se standbeeld staande moet bly, is dit juis ’Onze Jan’ se standbeeld.
deur Admin in Blog Hou ons hier dop op 23 April, 2015
“Jan van Riebeeck en sy cronies was evil”, het Suleiman Stellenboom onlangs tydens ‘n aktivistiese aksie voor die standbeelde van Jan en Maria van Riebeeck kwyt geraak. Hy het nog verder gegaan en daarop aangedring dat die standbeelde, van onder meer Jan van Riebeeck en ander Afrikanerleiers verwyder moet word omdat hulle “ons net aan die verlede herinner.”
deur Admin in Blog Hou ons hier dop op 26 January, 2015
Universiteite sukkel finansieel en die afskaffing van registrasie- en aansoekgelde soos deur die Onderwys Alliansie voorgestel word, sal instellings net geldelik verder knou.
AfriForum Jeug maak kapsie teen die Onderwys Alliansie, wat deur dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, saamgestel is.
deur Eduan Dupper in Blog Hou ons hier dop op 13 January, 2015
’n Vol jaar met verskeie projekte ter bevordering van AfriForum Jeug se doelwitte word beplan.
deur Admin in Blog Hou ons hier dop op 06 January, 2015
Ek het die voorreg gehad om vir ‘n tweede keer op die AfriForum Jeugtoer te gaan en as iemand my 2013-weergawe moet vergelyk met my 2014-weergawe sal hulle oë rek. Van onseker en skaam tot selfversekerd en (somtyds baie) praterig, die AfriForum Jeugtoer is ‘n unieke ervaring wat elkeen help groei en ontwikkel. Hierdie jaar was die toer net so ervaring met ‘n padreis vanaf Pretoria tot Orania, met Hartebeespoort, Rustenburg en Lichtenburg as ons besoekpunte. Elf mense…drie Avanzas…een lang pad.
deur Admin in Blog Hou ons hier dop op 08 December, 2014
Die huidige situasie op die Kovsie-kampus lyk sleg. Raadslede bedank as gevolg van hul wantroue oor besluite deur topbestuur en word afgedank sonder voldoende redes. Studente word geboelie deur besluite wat namens hulle gemaak word, hulle tradisies en kultuur word bedreig, onskuldige studente word beskuldig van rassisme en geskors sonder ʼn dissiplinêre verhoor of ’n kans om hul kant van die saak te verduidelik.
deur Admin in Blog Hou ons hier dop op 20 November, 2014
Politieke organisasies, sogenaamde “transformasie-agente” en die media is baie vinnig om mense wat nie hulle standpunt of siening deel nie te beskuldig van sogenaamde “rassisme”. Maar wat is rassisme? Rassisme het ʼn monster in ons samelewing geword – ʼn buigsame monster wat van vorm kan verander soos wat belangegroepe daarby baat vind.
deur Henk Maree in Blog Hou ons hier dop op 29 October, 2014
AfriForum en Solidariteit se beleid is dat elke veldtog wat ons aanpak, gebasseer moet wees op redelike argumente, billikheid en met erkenning van die beginsel van die bevordering van wedersydse erkenning en respek tussen gemeenskappe. Ten spyte hiervan, vind Piet Croucamp dit raadsaam om in sy artikel “Redelike mense is ons sterkte” (Beeld 28 Oktober), AfriForum en Solidariteit te probeer voorhou as sogenaamde onredelike organisasies.
deur Guido Urlings in Blog op 17 October, 2014
Laat die sogenaamde ‘Afrikaner’-universiteite Suid-Afrika se ‘getransformeerde’ universiteite sleg lyk? Is Afrikaner-studente ʼn maklike teiken omdat hulle tot dusver geweier het om hulle instellings af te brand, ongeag dreigemente dat die manier waarop hulle in hul eie taal in hul eie land kan studeer, verander gaan word? Het geweld normaal geword, en het Afrikaans uitgeworpe geword? Om een of ander rede lyk dit of almal haastig is om betrokke te raak sodra hulle ʼn geleentheid kry om (te help om) die rol en invloed van Afrikaans of Afrikaners aan universiteite uit te wis, maar dit lyk asof hulle ʼn bietjie doof, blind of albei is wanneer dit kom by gewelddadige optrede by hulle geliefde ‘getransformeerde’ universiteite. Laat my toe om vir u ʼn beeld te skilder.
deur Ernst Roets in Blog op 01 October, 2014
Rasseverhoudings in Suid-Afrika het ʼn nuwe laagtepunt bereik na ’n reeks insidente op universiteite regoor die land.
Deur Riaan Visagie
’n Mens kan nie meer jou radio of televisie aanskakel, op die internet gaan of ’n koerant oopmaak sonder dat die rasbeheptheid-gogga jou iewers byt nie. Dit is net “swart” dit en “wit” dat. Selfs hier in Stellenbosch, waar skrywers in die kampuskoerant dikwels maan oor die “borrel” waarin ons glo hier in die wynlande leef, teel die rasbeheptheid-goggas soos muskiete in ’n malariagebied aan.
deur Guido Urlings in Blog op 09 July, 2014
Laat daar geen misverstand oor bestaan: ek is baie goed op die hoogte van die Suid-Afrikaanse troepe wat op allerlei wyses het deelgeneem aan die Tweede Wêreldoorlog. Wat my egter baie verbaas is dat nou, 70 jaar later, die oorlog pas Suid-Afrika lyk te bereik danksy die vergelyking van ‘n, myns insiens, onskuldige tradisie met iets gruwelijks as die Hitler-groet.
In die afgelope vyf maande het ’n mediastorm rondom die NWU-Potchefstroomkampus los gebars wat glo deur ’n magdom verskuilde agendas aangevuur word.
deur Henk Maree in Blog op 25 June, 2014
Christi Kruger skryf in haar brief (Beeld, 19 Junie) dat ek ‘n “bietjie perspektief” moet kry en moet “besin” oor my “witheid”. Hoewel die aanval onnodig persoonlik is, is dit tog belangrik om nie net my standpunt nie, maar ook duisende ander jongmense se perspektief binne konteks te plaas. Kry perspektief deur konteks binne perspektief te plaas.
deur Henk Maree in Blog op 04 June, 2014
Ná die herdenking van die Kerkstraatbom besef ek hoe min van vandag se jeug werklik ‘n konsep het van hul eie land se geskiedenis. Dit is ‘n skokkende ontnugtering en ek besef meteens die die rede hiervoor: die ANC het met sy eensydige oorvertelling van die geskiedenis veroorsaak dat jongmense net een kant van die land se geskiedenis ken en verstaan.
deur Eduan Dupper in Blog op 15 May, 2014
Sowat ‘n maand gelede sit en wag ek op die Universiteit van Pretoria se Hatfield-kampus vir my klas om te begin toe ek van my medestudente hoor gesels oor iets wat my na aan die hart lê. Hulle gesprek gaan oor of dit beter is om in Engels of in Afrikaans klas te loop.
deur Guido Urlings in Blog op 23 April, 2014
Die sin word by elke verkiesing in Nederland veelvuldig gebruik om seker te maak dat soveel moontlik mense gaan stem. ‘n Strewe wat ook in Suid-Afrika nie misplaas is, lyk my. Ek hoop daarom dat dit blog verseker dat so veel moontlik, indien nie alle, stemgeregtigde jongmense in Suid-Afrika op 7 Mei na die stembus gaan.
deur Eduan Dupper in Blog op 09 September, 2013
Onlangs lees ek met groot verbasing ’n artikel wat handel oor die drastiese afname in die aantal boeke wat lesers – of is dit liewer nielesende Suid-Afrikaners? – koop, uitneem en lees.
In Suid-Afrika word ras, net soos jou verlede, óf as ‘n wapen óf ‘n paspoort gebruik. Die realiteit is dat wittes in Suid-Afrika se verlede as ‘n wapen gebruik word om hulle toekoms te belemmer terwyl daar vir die res paspoorte uitgereik word vir geleenthede. As jongmens word jou toekoms grootliks bepaal deur in watter ry jy staan. Die vangplek is net dat die ANC jou plek in die ry vir jou aanwys.
Ná Apartheid se ongelyke behandeling het die koms van demokrasie in 1994, en die aanvaarding van die Grondwet in 1996, die weg vir gelykheid gebaan. Hoër onderrig, as die skepper van goeie sosio-ekonomiese geleenthede, sou voortaan gedemokratiseer word. Maar dit het mettertyd begin blyk dat gelykheid ‘n omstrede en bestrede konsep is met verskillende sienings daaroor.