GLOI

AfriForum Jeug veg vir Afrikaans by Grootfontein-landboukollege

AfriForum Jeug het vandag ’n dispuut met die departement van landbou, bosbou en visserye verklaar, nadat dit aan die lig gekom het dat die departement die Grootfontein-landboukollege in die Oos-Kaap se taalbeleid vanaf 2016 wil verander. Die plan is om Afrikaans af te skaf en dit in ʼn Engelse kollege te verander.

“Ons sal die beoogde verandering ten sterkste teenstaan. Ons het reeds met ons regspan vergader. Ons het in ʼn skrywe ook ʼn dringende vergadering met die departement versoek én dat geen verdere stappe geneem word totdat die dispuut nie opgelos is nie,” sê Henk Maree, die nasionale voorsitter van AfriForum Jeug. 

Dié jeugorganisasie se tak by die Grootfontein-kollege het bykans 100 lede, wat sowat 50 % van die totale studente-gemeenskap uitmaak.

“Ons gaan vandeesweek nog begin om ʼn petisie onder studente te versprei wat hul steun en aanvraag vir Afrikaans as onderrigtaal sal bevestig,” het Maree gesê. 

Die departement het voorheen onderneem dat Afrikaans ’n primêre onderrigtaal sal bly en dat ’n scenario vermy sal word waar taal as ’n meganisme gebruik word om studente uit te sluit. Maree sê die departement tree nou in teenstelling met hul vroeër standpunte op.

“Ons wil net toesien dat die departement by hul aanvanklike beloftes bly.”

 

Lees ons brief aan die departement HIER