up

AfriForum Jeug uit UP-terugvoervergadering verwyder

AfriForum Tuks is uit ʼn terugvoeringvergadering van die Universiteit van Pretoria (UP) verwyder. Dié vergadering het ten doel gehad om studente in te lig oor die besluite oor en vordering met die #Feesmustfall-memorandum wat verlede jaar ingedien is en wat ook punte rakende die taalbeleid bevat het.

“Nadat AfriForum Jeug aan die woord gekom het, het lede van die EFF begin skreeu en die vergadering ontwrig. Hulle het aanhou skreeu dat daar nie plek vir ‘julle’ in die vergadering is nie. Die UP-bestuur het my gevra om die vergadering te verlaat. Is dít die wyse waarop UP sy vergaderings hanteer? Indien wel, druis dit direk teen die Grondwet en die UP-statuut in,” het Morné Mostert, AfriForum Jeug se nasionale projekkoördineerder, gesê.

Mostert meen dat hierdie neerkom op ’n uitsluiting van studente sodat hulle nie aan die universiteit se konsultasieproses kan deelneem nie.

AfriForum Tuks het verlede jaar ’n memorandum oorhandig aan prof. Cheryl de la Rey, visekanselier en rektor, wat oor die taalbeleid en die #Feesmustfall-veldtog handel. De la Rey het AfriForum Tuks tydens die daaropvolgende vergadering verseker dat geen organisasie van die konsultasieproses uitgesluit sal word nie.

“Die EFF wil die taalbeleid van die Universiteit onder die dekmantel van #Feesmustfall verander. Die bestuur kan nie net na sekere groepe luister nie. Ons sal seker maak dat minderheidstemme op kampus ook gehoor kan word,” het Mostert afgesluit.

Sluit aan by AfriForum Jeug deur TUKS na 32687 te SMS (R1).