AfriForum Jeug se Maties-tak hou selfverdedigingwerkswinkel

AfriForum Jeug se Maties-tak het op 22 Augustus 2019 ’n selfverdedigingwerkswinkel gehou. C.O.B.R.A. Self Defense het dié werkswinkel vir die studente aangebied.

“AfriForum Jeug beskou die studente se veiligheid as ons eerste prioriteit. Verskeie studente was oor die afgelope paar jaar slagoffers van misdaad – geweldmisdaad het selfs al studente se lewens gekos. Daarom het ons self die inisiatief geneem om te sorg dat studente opleiding kry om hulself te beveilig,” sê Juandré de Bruyn, voorsitter van AfriForum Jeug se Maties-tak.

“Ons het baie nuttige selfverdedigingsvaardighede tydens die werkswinkel geleer. Ons het praktiese wenke ontvang om ons omgewing bewustelik waar te neem en dan te reageer indien daar ’n  gevaar is. Alle jongmense behoort hulself te kan verdedig,” sê Rudolph de Villiers, bestuurslid van AfriForum Jeug se Maties-tak.

AfriForum Jeug wil vir jong Afrikaners ’n veilige bymekaarkomplek word waar jongmense geleenthede gegee word om self verantwoordelikheid te kan neem vir hulle veiligheid. Raak vandag nog by AfriForum se jeugstrukture betrokke en help om ’n verskil te maak: Stuur ’n e-pos na chantelle.dupreez@afriforum.co.za of SMS “Maties” na 32687 (R1)