AfriForum Jeug rig klipstapel op as herdenking van die hervorming

Lede van die Solidariteit Beweging en AfriForum Jeug het vandag die 500-jaar herdenking van die hervorming gevier deur die oprig van ’n klipstapel.

Alta Pretorius, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland, het ʼn seremonie gelei wat spesifiek verband gehou het met die geskiedenis van die hervorming. Pretorius het die verhaal van professor Martin Luther oorvertel en die stryd waardeur hy gegaan het om die hervorming te laat realiseer. Barend Uys, bestuurder van gemeenskapsake by AfriForum, het meer vertel oor die indirekte impak van ʼn geloofshervorming op die sosiale samelewing van ʼn volk.

“Dit is vir ons as personeel van die Solidariteit Beweging ʼn baie groot voorreg om ons geloofsvryheid vrylik te kan uitoefen by ʼn organisasie vir wie hulle gelooofsbasis ʼn kernwaarde is wat hul elke dag uitleef in hul dade,” sê Ohann Fourie, nasionale koördineerder van AfriForum Jeug.