Vul gerus die vorm in vir enige navrae.

Naam *

E-pos *

Navrae

Taal/Language

AfriForum Jeug gaan klag indien teen VSR-lid wat ‘wit mense wil doodmaak’

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 30 August, 2016

AfriForum Jeug is besig om klagtes voor te berei wat by die Suid-Afrikaanse Polisiediens teen Luvuyo Menziwa, ʼn student aan die Universiteit van Pretoria en ʼn lid van die studenteraad, ingedien gaan word. Dít volg nadat Menziwa in ʼn inskrywing op Facebook gesê het dat hy wit mense met ’n AK-47 of ’n bazooka wil doodmaak.

Hy het ook verskeie redes aangevoer waarom hy wit mense haat.

Volgens Henrico Barnard, AfriForum Tuks se woordvoerder, beskou AfriForum Jeug Menziwa se inskrywing as lasterlike uitsprake, aanhitsing tot geweld en intimidasie.